April se boekespyskaart: ’n Speurder, ’n pierewaaier en ’n boerjonge bruid

Jy is huis vir my − Elsa Winckler

 

Hy het haar hart gebreek toe hy ná hul nag van passie met ’n blonde pop by haar koffiewinkel opdaag. Maar nou is Leila se beste vriendin met Tinus se broer getroud en hy bly onder haar voete!

Vermetele mansmens − Elize Davies

Hoe durf die arrogante, aantreklike Suid-Afrikaanse toeris Ben Breytenbach in Karli se lewe in Griekeland kom inmeng? Hy krap alles deurmekaar, asof sy geen sê in die saak het nie, en om alles te kroon verloor sy boonop haar hart op die vermetele mansmens.

 

Boergonje bruid − Frenette van Wyk

Monalisa is in Rome om haar ouma se vintage trourok op te spoor. Sy ontmoet vir Luca, ’n suksesvolle modeontwerper, en saam pak hulle die soektog aan. Sy verloor haar hart op hierdie enigmatiese man. Maar sy is nie die enigste nie.

Baie geluk, Frenette van Wyk!

Boerjonge bruid is haar twintigste romanse.

Pierewaaier op haar erf − Madelein Stoltz

 

Perdita ly aan Hanekom-koppigheid, ’n eienskap wat haar buurman, Ben, grensloos irriteer. Maar iets aan dié mooie rooikop maak dat hy net nie kan wegbly nie. Is sy die vrou wat sy pierewaaier-hart kan tem?

 

 

SKAKERINGS VAN HOOP − Madelie Human

Anina Roux vlug tydelik Fynbos toe om haar egskeiding en haar ouma se boedel af te handel. Noodgedwonge leer sy ‘ouvrougoed’ soos hoe om wol te spin en te kleur en – hemele behoede haar – te hekel! Sy leer dat hoop in verskeie skakerings voorkom en dat haar aantreklike buurman haar knieë nog net so lam maak soos jare gelede.

Mark Burger kan nie meer professioneel gholf speel nie en sukkel om dit te aanvaar. Nog minder stel hy belang in ’n verhouding met sy buurvrou, maar raak halsoorkop verlief op haar driejarige dogtertjie. Hy kry haar ma egter om die dood nie uit sy kop of sy hart geweer nie.

Alle Romanza-klublede kry 50% afslag op SuperRomanzas! Sluit nou aan: http://bit.ly/2bAiDdL

VERMIS − Jeanette Stals

Dit is die tweede boek in ’n reeks oor Luna, ’n jong speursersant van Stellenbosch. In hierdie verhaal word sy betrek by die ondersoek na ’n tienermeisie, Elodie, wat spoorloos uit ’n plaaslike gastehuis verdwyn het. Die meisie se ouers het as jong getroudes na Engeland geëmigreer en nou is die pa weer hier vir werk. Die ma en dogter het met vakansie saamgekom en Elodie kry ook geleentheid om spesiale vioollesse by die universiteit by te woon.

Luna se bekommernis oor wat met die meisie gebeur het, laat haar dieper betrokke raak by die gesin en noop haar eindelik om meer te waag as wat haar bevelvoerders van haar sou verwag.

Alle boeke nou te koop by LAPA Uitgewers: www.lapa.co.za

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s