Boeke wat jy in Maart kan geniet!

nuwe boeke

Held in ’n oorpak  – Madelie Human

 Zack is nie een vir langtermynverhoudings nie. Hy stel bloot vir Emma as sy galerybestuurder aan omdat hy nie vir sy vriend Hanno kan nee sê nie. Buitendien is Emma ’n gewone Griet, glad nie sy soort nie en tog …

 

 

Ou liefde roes nie – Dina Botha 

Tien jaar gelede het Marco haar verraai. Nou staan hy lewensgroot en aantrekliker as ooit van te vore voor Milea. Maar sy kan nie met sy Casandra kompeteer nie – sy het ’n baba oor wie Marco gek is.

 

Leila se leeuman – Felicia Snyman

Vir nog ’n man wat haar beroep afkraak sien Leila nie kans nie. Haar professor se seun, Leander, laat hom egter nie stuit nie en breek haar mure stuk-vir-stuk af. Leila probeer sterk staan, maar hierdie man verstaan haar hartklop beter as syself.

 

Kristel se bosbewoner – Rika du Plessis

Die laaste ding wat Kristel verwag toe sy op haar plaas instap, is Zac − moeilik, aantreklik en volgens hom die eienaar van Groen Eike. Noodgedwonge moet hulle tydelik saamwoon, maar hulle is dadelik haaks of is dit eerder liefde met die eerste oogopslag?

 

Angelique en die boekanier – Dina Botha (Heruitgawe)

Dina Botha stel weer haar eerste Kaapse heldin bekend!

angelique-en-die-boekanier

Angelique van Olgen het op veertien al ’n onverskrokke gees. Nie eens ’n wilde seerower verskrik haar nie. Sy is net so ontembaar soos haar vlamrooi hare en sy laat geen man haar hiet en gebied nie. Maar dis moeilik om nie die knie voor die ewe formidabele aristokraat Graaf Dante de Péronne te buig nie. Hy bekoor haar, maak vreemde wilde begeertes in haar wakker en toets haar onskuld. Selfs toe hulle deur omstandighede verplig word om te trou behou Dante sy afstand. Hy gaan die Kaap sonder haar verlaat. Hy is op ’n missie en dit sluit haar nie in nie.

Doodsroeper – Rika Cloete

doodsroeper_rika-cloete_voorblad

Februarie, 1861. ’n Groepie trekboere maak naby die Gamagara-rivier in die Kalahari staning. Nie ver daarvandaan nie, lê Stilbos – ’n misterieuse bos sonder voëls, maar ook die skuilplek van die Doodsroeper, ’n onaardse wese wat uitroep voordat iemand sterf.

Kort voor lank word die geskende lyk van een van die boere in die bos gevind. Dit is ongetwyfeld moord en Soois Bruwer, ’n verloopte wetsman, word versoek om ondersoek in te stel.

Hoe dieper hy delf, hoe ingewikkelder word die saak en hoe meer besef hy dat hy eintlik maar bitter min van die mense óm hom weet. Op hul hulp kan hy ook nie juis reken nie. Daar is nou wél oom Albert Siener met sy vreemde visioene, maar daarvan verstaan Soois g’n snars nie. Dan is daar Nella Uys, ’n onkonvensionele, geheimsinnige vrou wat baie weet, maar min sê. En klein Krisjan Harmse wat die oplossing vir die raaisel ken, verraai niks.

Net toe Soois dink hy is op die regte spoor, roep die Doodsroeper weer en sit hy met ’n tweede lyk op hande. Nou moet hy alles inspan om die moordenaar vas te trek, maar ’n hele klompie verrassings wag nog op hom …

Pelgrimshoop − Ronel Nel

pelgrimshoop

Op Pelgrimshoop, ’n weggesteekte dorpie in die voue van die Laeveld, waar die vlaktes wemel van skaap, gras en die oudste klipformasies in Suid-Afrika, daar vind Hannah de Witt haar voete weer na ’n verbryselende verhouding wat sy agterlaat in Pretoria.

Ongeag die feit dat haar student, Elias Bart, die knorrige boer van Bartelheim, die man wat ‘die ding het met die perde’, aanvanklik nie wil saamwerk met waarvoor hy haar laat kom het nie: Om hom verder te kom leer.

Die legendariese fete tussen Vliet Vorster, sy 4-manbende, en Bart dreig boonop om in ’n volskaalse konflik te ontaard want Vorster haat die ‘bontspul’ op Bartelheim. Vliet Vorster, voorste boer en burgemeester, wat elke Saterdagaand Die Oog leegdrink en Sondag voor in die kerkgestoeltes sit.

Alle boeke is nou beskikbaar by www.lapa.co.za 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s