Daardie eerste Romanza-kopie

Drie van ons nuwe Romanza-skrywers vertel hoe dit gevoel het om daardie eerste kopie van hul Romanzas in hul hande te hou.

Zelda Mans

Dit het baie onwerklik gevoel. Dit was lekker om die boek vas te hou na al die harde werk en baie ure!

Ek het my ma-hulle se posadres gegee omdat ek na ’n nuwe dorp verhuis het. So toe sien my familie dit voor my en stuur vir my ’n enkele kopie aan!

Sy hart se lens

Sy hart as lens het in Januarie 2016 verskyn. Koop dit nou teen 75% afslag: http://bit.ly/2mKUbdG

Corné van Rooyen

Dit was ’n wonderlike gevoel. Steeds half ongelowig dat ek ’n boek gepubliseer kon kry, maar terselfdertyd ook verheug dat my droom bewaarheid is.

Testament van liefde__high res

Testament van liefde het in Februarie 2016 verskyn. Koop dit nou teen 75% afslag: http://bit.ly/2mdgreQ 

Felicia Snyman

Ek weet nie of ek in woorde sou kon omsit presies hoe dit gevoel het om die eerste Romanza vas te hou nie. Dit het onwerklik gevoel, asof ek in ’n baie goeie droom verkeer! Daardie oomblik was verseker een van die beste oomblikke in my lewe. Ek kon vir ’n paar minute nie glo dat ek my sielswerk in my hande vasgehou het nie. Die emosies wat deur my gevloei het was ’n kombinasie van vreugde, trots, vrees, ongeloof en dankbaarheid. Ek het met daardie eerste Romanza, ’n Duisend keer ja, in my hand gestaan en so ongelooflik bevoorreg gevoel vir die talent wat God my gegee het, die ondersteuning wat ek van my gesin ontvang het en my eie wilskrag en deursettingsvermoë om ’n kans te waag. Nadat die ongeloof uiteindelik bedaar het, het vreugde geheel en al in my hart plek ingeneem. Ek het nie geweet of ek moet gil van blydskap, begin huil of aanhoudend lag nie! Ek sal nooit genoeg kan dankie sê vir die kans wat Romanza op my geneem het nie.

n-duisend-keer-ja_high-res

‘n Duisend keer ja het in Maart 2016 verskyn en is uitverkoop, maar jy kan dit op die Romanza-app teen R59,99 koop!

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s