“Sterk, intelligente vroue is tydloos” – Marijke Greeff

 

Waar is die vreemdste plek waar jy al ooit geskryf het? 

In my ouers se buitekamer.  Ek moes ’n sperdatum haal en kon nêrens stilte en vrede kry nie, dit is nogal vir my belangrik wanneer ek skryf. Die enigste plek van stilte in daardie stadium was die buitekamer.

Wat was die hoogtepunt in jou skrywersloopbaan so ver?

Ek kan sê ’n toekenning of twee wat ek al gewen het, maar eintlik is dit elke keer vir my ’n hoogtepunt wanneer iemand sê dat hulle ’n boek van my geniet het, of vra wanneer daar weer ’n nuwe boek gaan verskyn.

Enige wyse woorde of skrywersgeheime vir voornemende skrywers?

Lees, lees en nogmaals lees.  Jy kan nie skryf as jy nie lees nie en dan is dit belangrik om te lees in die genre waarin sy graag wil skryf.

Hierdie is jou eerste roman wat in vier jaar verskyn? Was dit moeilik om weereens ’n roman te skryf?

Ja. Dit was moeilik om weer aan die gang te kom en die dissipline van skryf weer te handhaaf.  Ek het gevind dat my denke makliker vloei wanneer ek elke dag skryf.

Drie items waar sonder jy nie kan leef nie.

  • Tandeflos,
  • My wasmasjien
  • ’n Boek. Enige boek, ek moet elke dag ’n boek in my hande voel.

Wie is jou drie gunstelingskrywers?

  • Judith McNaught
  • Chanette Paul
  • Sophia Kapp

As jy drie mense na ete sou nooi (lewend of dood), wie sal dit wees?

Maria, die moeder van Jesus. Dink net watter besondere mens sy moes gewees het dat God besluit het om Sy Seun in haar sorg te plaas?

My ma, sy is twee jaar gelede aan kanker oorlede.

André Rieu – hoe kan jy sulke hemelse musiek maak as jy ’n ateïs is?

Wat was die beste raad wat jy oor geskryf gekry het en van wie?

“Kill your darlings.”  Kan nie onthou of dit Cecilia Brtiz, fiksie-uitgewer by LAPA Uitgewers of Chanette Paul was wat dit gesê het tydens een of ander skrywersindaba nie. As iets nie werk nie, los dit.

Watter boeke kan jy herhaaldelike lees?

  • Tamara van Chanette Paul
  • Huis van die wind van Sophia Kapp
  • Enige van Judith McNaught se boeke

 

Werk jy tans aan ’n boek?

Ja. Maar nog ‘upstairs’. Ek het nog niks op papier nie. Agter Maskers se hoofkarakter het twee vriendinne.  Elkeen van hulle het ook ’n storie.  Ek beplan om DV Januarie te begin skryf aan Wilmien se storie.

 

As jy nie ’n skrywer was nie, sou jy …?

Soos Riana Nel wou kon sing!

 Wat was die inpirasie agter Agter maskers

Ek het een Sondagoggend na ’n program op TV gekyk.  Kan nie eers onthou wat dit was nie.  Iemand het ’n onderhoud gevoer met ’n vrou wie se pa ’n predikant was. Vir die gemeente was hy ’n geliefde leier, maar vir haar en haar sussie en haar ma het hy fisiek en emosioneel aangerand.  Dit het die idee by my laat posvat dat ons almal een of ander masker het wat ons vir die buitewêreld wys, wat heeltemal anders lyk as die gesig in ons binnekamer.

agter

Hoe het jy aan die titel van jou roman gekom?

Ek het aanvanklik aan iets gedink soos Gee my jou hart, maar was nie seker nie.  Nadat ek die manuskrip en keuringsverslag van Chanette Paul teruggekry het, het ek gesien sy het iewers op die manuskrip Agter Maskers geskryf.  Dit het dadelik vir my gewerk.

Wat was die kosbaarste les wat jy by ander skrywers geleer het?

Ek leer meer uit foute as raad. Elke keuringsverslag is goud werd, want foute wat daar uitgewys word, maak jy nie sommer weer nie.

Wat wens jy, jy het geweet toe jy begin skryf het?

Ek wens ek het daardie tyd al geleer om buite toe te kyk.  Ek is geneig om baie om my eie stert te draai en doen baie introspeksie. As jy buitetoe kyk, verbreed dit regtig horisonne.

Jy skryf beide kontemporêre, sowel as historiese verhale. Watter van hierdie twee genre is makliker om te skryf?

Kontemporêre stories.  Daar is geen beperking aan taalgebruik, of kleredrag, of geriewe nie.  Die navorsing vir ’n historiese verhaal is uit die aard van die saak ook meer.

Hoe verskil historiese heldinne van kontemporêre heldinne?

Dit is net die agtergrond wat verskil.  Sterk, intelligente vroue wat nie bang is om op te staan vir dit waarin hulle glo, baklei vir die vir wie hulle lief is en mense tromp op te loop wat hulle teëgaan nie, wat beginsels en integriteit het, is volgens my beskeie mening tydloos.

Romanza-klublede kry 50% afslag op alle SuperRomanzas. Koop joune nou!

Advertisements

One thought on ““Sterk, intelligente vroue is tydloos” – Marijke Greeff

  1. Toortsie says:

    Ekhou baie van hierdie opmerking: Sterk, intelligente vroue wat nie bang is om op te staan vir dit waarin hulle glo, baklei vir die vir wie hulle lief is en mense tromp op te loop wat hulle teëgaan nie, wat beginsels en integriteit het, is volgens my beskeie mening tydloos.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s