#varsgedruk #en #gereed #vir #jou

des

#liefvirjou – Elsa Winckler

Cara de Villiers is laat vir haar vlug na Suid-Afrika toe sy in Kobus Viljoen vashardloop. Hy luister haar selfoongesprek met haar ma af en kan nie help om te hoor dat sy ’n metgesel na ’n troue benodig nie.

Liefde op ’n skinkbord – Dina Botha

Zoë en haar sus Suzelle is op soek na “die Een”. Hulle maak ’n lysie van dié perfekte man, maar Zoë kom gou agter dat sy heeltyd wens dat Helgaard al die regmerkies op die lysie sal kry.

 

 

 

 

 Blou diamant vir ’n ysprinses – Rosita Oberholster

Nadat Carla die soveelste paar buitensporige duur skoene gekoop het, het haar pa genoeg gehad. Hy verban haar vir een jaar na ’n plaas teen die Weskus waar sy haar brood op die harde manier moet verdien. En dit onder Adam se toesig …

Hartsplan – Petronel Louw

Jana se goedgeordende, beplande lewe word gruwelik omvergewerp. Sy moet na ’n familieplaas in die Karoo gaan om bedrog oop te vlek. Tot haar ergernis word Ruan, ’n chauvinistiese finansiële joernalis, afgevaardig om haar te skadu en hulle moet boonop ’n wooneenheid deel!

Die Ondenkbare – Isa Konrad

Heruitgawe 

Briel kom in Lüderitz aan soos hy sewentien jaar gelede daar weg is – omdat hy nie ’n keuse het nie. Hy is daar om ’n moord op te los, maar die tydsberekening kon nie slegter gewees het nie. Hy het griep, sy vrou is kwaad vir hom en hy wou Lüderitz nooit weer gesien het nie.

En binne ’n paar dae sit hy met twee lyke, ’n slagoffer wat al meer soos ’n skurk begin lyk, ’n moordenaar wat al meer soos ’n slagoffer begin lyk en ’n ooggetuie wat al meer soos ’n medepligtige begin lyk.

Hoe dieper hy in die saak delf hoe dieper moet hy in sy herinneringe delf; moet hy daardie ondenkbare somer op Lüderitz – die laaste somer van sy kindwees – onthou. Wat hy juis wil vergeet. Want Lena, sy skooljuffrou en buurvrou van destyds, het steeds dieselfde uitwerking op hom, en dit lyk asof sy in die saak verwikkel is.

Meetsnoer – Chanette Paul

Heruitgawe 

Een en twintig uitverkorenes van die Meetsnoer Tempel sal op 20 Oktober 2010 weggeraap word. Dit sal die begin wees van die einddae van die aarde en die verskrikking wat daarmee gepaardgaan.

Voor die wegraping egter kan plaasvind, moet die apokaliptiese sluier gelig word. Profeet Sias moet neerskryf wat aan hom geopenbaar word en dit kan net op die nuwe Eden gebeur.

Toe Raine Quinn Fluisterbos koop, weet sy nie sy ry Sias se heilige taak in die wiele nie, ook nie dat Fluisterbos die nuwe Eden is nie. En nog minder van Flint Fletcher se obsessie oor dié klein stukkie oerbos. Sy kon ook nie voorsien dat een van die Meetsnoer-lidmate die nag van haar aankoms op Fluisterbos vermoor sal word nie.

Raine twyfel of die aarde se einde werklik in sig is, maar besef kort voor lank, haar eie is dalk wel.

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s