Ek hou van verrassings wat ’n bietjie chaos inhou − Isa Konrad

 

Ek sal die gelukkigste persoon in die wêreld wees as:

 Dit is ’n gedagte wat ek myself nie toelaat om te dink nie. Begeerte is in ons natuur. Met ander woorde, wanneer ons op ons gelukkigste is, dink ons klaar aan wat ons nog gelukkiger sal maak en dan voel ons ongelukkig. Om die vraag te beantwoord: Ek is op dié oomblik die gelukkigste persoon in my wêreld. Dis vir my genoeg.

Ek’s niks nie as dit nie was vir …

Ek’s niks nie as dit nie was vir iets om oor te lag nie.

As ek verveeld is …

Ek droom van daardie dag!

Vrede omring my …

Waarskynlik wanneer ek slaap. Vrede is nie vir my ’n interessante gemoedstoestand nie.

Waar wil jy op vakansie gaan?

Ek is geseën met omstandighede wat die meeste plekke wat ek graag wil sien, binne my bereik plaas. My gunstelingstad is:

1446631736_bp-h

Watse verrassings is in jou beursie?

Aangenaam, of onaangenaam? Aangenaam is geld en onaangenaam is geen geld nie!

Ek kan regtig leef sonder …

Ek dink ek sou regtig kon leef sonder burokrasie. Maar dit gaan nie gebeur nie.

Niks, ek herhaal, niks kom tussen my en my …

Niks, ek herhaal niks, kom tussen my en my iPod nie.

Wat´s jou gunstelingwoord?

My gunstelingwoord is Illy (koffie).

f02e5abdb78e0323b34491809503e38a

My trooskos is …

Ek het nie trooskos nodig nie. Dit kom in en gaan uit. Maar inkopies … klere, skoene, grimering? Dis wat ek troos noem. Langtermyn, sien?

Wat het Moord op Karibib geïnspireer?

Die feit dat ek eintlik aan ’n ander idee, ’n ander boek probeer werk en die ding net nie regkry nie. Dit beteken dat ek meer as twee jaar nie ’n boek op die rak gekry het nie, wat nie ’n baie lekker gevoel is nie. Daarom het ek besluit om die Karibib-boek te skryf. Hopelik sal dit my afstand gee van die boek waarmee ek sukkel. Of my daarvan laat vergeet. Ek is nie sentimenteel oor my skryfwerk nie.

Wat was die moeilikste aspek van die skryfproses van hierdie boek, en hoekom?

Toe ek aan Moord op Karibib begin werk het, het ek die idee gekry dat ek miskien ’n paar boeke daar wil laat afspeel. Dit het beteken dat ek aan die volgende Karibib-boek moes dink terwyl ek aan dié een gewerk het. Ek moet sê, dit was vir my iets nuut en interessant as skrywer.

Wat is die beste raad wat jy kan gee aan ’n voornemende spanningsverhaalskrywer?

  • Lees, lees en nogmaals lees.
  • Luister na hoe mense praat.
  • Glo in jouself – veral op dae wat jy glad nie in jouself glo nie.
  • Weet dat jy nooit ryk gaan wees nie.

Wat is jou skryfproses? Het jy ´n vaste roetine of skryf jy organies?

Iets van albei, dink ek. Ek probeer om elke dag tyd te maak vir skryf. Wanneer ek tyd op my eie, weg van my gesin af deurbring om te kan skryf, het ek beslis ’n vaste roetine. Iets soos drie ure in die oggend en drie ure in die middag. Ek probeer ook genoeg oefening inkry, want dit help my dink. Maar ek is nie so goed met die beplanning van boeke nie. Die probleem is, as ek van die begin af presies geweet het hoe elke storie gaan afloop, sou ek waarskynlik nie skryf nie. Ek hou van die verrassings wat ’n bietjie chaos inhou en is bereid om die kans te vat dat party van daardie verrassings nie aangenaam gaan wees nie.

Isa se jongste boek, Moord op Karibib is nou beskikbaar en haar sielkundige riller, Die soenoffer, is herdruk!

Wat was die hoogtepunt in jou skrywersloopbaan so ver?

 Om my eerste boek te publiseer. Loshande. As mens net dit kan regkry, stap jy weg met die beste prys wat ek my kan voorstel daar vir ’n skrywer kan wees. Dit is die voorreg om nog boeke te mag skryf.

Wat doen jy wanneer jy nie skryf nie?

Ek doen troosinkopies! Nee, ek gaan voort met my lewe. Ek wil nie voorgee dat ek baie reis nie, want met die kort afstande hier in Europa en Switserland reg in die middel is dit regtig nie ’n prestasie om na ander lande toe te gaan nie. Maar ek hou regtig baie daarvan om plekke te sien.

Watter boeke lê op jou bedkassie?

Die Amerikaanse skrywer, Dennis Lehane se Live by night en Sapiens: A brief history of humankind van die  Israelitiese geskiedkundige, Yuval Noah Harari. Voor dit het ek Alta Cloete se Opdrag van oorkant gelees. Dit was puik, ek is mal oor haar werk.

Hoe gaan jy te werk as jy ’n boek begin?

Ek maak seker dat ek ’n begin, ’n middel en ’n einde in my kop het, en trek los, dis al.

Wat my egter baie help soos die boek vorder, is indekskaartjies. Mens kry sagteware soos Scrivener waarmee jy jou materiaal kan organiseer, maar ek voel meer in beheer, meer “betrokke” wanneer ek dinge fisies hanteer. Die kaartjies help my byvoorbeeld om te onthou wat in elke hoofstuk is en ’n oog te hou oor die storie se verloop en momentum. Jy kan ook aantekeninge maak van wat nog in jou storie moet gebeur soos die idees by jou opkom. Ek skryf dit op aparte kaartjies neer. Wanneer ek die kaartjies om my uitpak, kan ek die idees rondskuif en sien wat ek waar kan gebruik.

Hoe het jy begin skryf?

Ons het in 2001 van Zürich af Pretoria toe verhuis, agter my man se werk aan. Dit was ’n yslike verandering en het beteken ek moes die dinge wat ek daardie tyd hier in Europa gedoen het, ’n paar jaar lank opgee. Ek het verveeld geraak en ’n kreatiewe skryfkursus deur die London School of Journalism geloop. Ek wou eintlik net sien hoe mense dit regkry om stories te skryf – hoe die proses werk. Ek het die kursus ontsettend geniet en die manuskrip wat ons tydens die kursus geskryf het, agterna vertaal en vir LAPA Uitgewers gestuur. Ná twee keer se herskryf het hulle dit gepubliseer. Dit is een van die wonderlikste dinge wat nog met my gebeur het.

Daar is baie mense wat graag wil skryf. Wat sou jy sê is die eienskappe waaroor ’n voornemende skrywer moet beskik?

Eerstens, miskien ’n bietjie waagmoed. Ek dink as meer mense dit gewaag het om te skryf, sou daar nog meer boeke gewees het vir ons almal om te geniet. Tweedens, deursettingsvermoë. Derdens, selfdissipline (dis vir my die ergste).

Nog belangriker as daardie drie dinge tesame is dat jy nie ’n egoïs én ’n skrywer kan wees nie. Daar bestaan nie iets soos ’n perfekte manuskrip nie. Jou uitgewer gaan jou manuskrip kritiseer en van jou verwag om dele oor te skryf – dalk ganse hoofstukke, of dele wat jy gedink het briljant is. As jy dit kan doen, is jy ’n skrywer.

Wat was die kosbaarste les wat jy by ander skrywers geleer het?

 Die Amerikaanse skrywer, Kurt Vonnegut, het iets geskryf waarvan ek baie hou. Dit gaan so:

1073155

Wat wens jy, jy het geweet toe jy begin skryf het?

 Ek kan nie aan iets dink wat ek wens ek geweet het nie, maar ek kan aan iets dink wat ek bly is ek nié geweet het nie. Dit is hoeveel ure se stilsit agter ’n rekenaar skryf vereis. Ek haat die idee dat ek my dae partykeer letterlik omsit.

Koop Moord op Karibib hier: http://bit.ly/2g8EtBE en Die soenoffer is ook weer beskikbaar: http://bit.ly/2fffU5b

Onthou Romanza-klub spaar 30% op al hul boeke!

One thought on “Ek hou van verrassings wat ’n bietjie chaos inhou − Isa Konrad

  1. amandacl says:

    Beide Soenoffer en Moord op Karibib lê op my boekrak, en ek is baie nuuskierig om Isa Konrad as skrywer te ontdek,noudat ek ietsie gelees het van haar as mens

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s