Jy as skrywer is die instrument – Alta Steyn

Koffie of tee?

Koffie − net een koppie ’n dag. Tee geniet ek wel Sondae na kerk saam met my ouers.

Wyn of sap?

Sap. Wyn sal ek net per geleentheid geniet, maar dan moet ek regtig lus wees daarvoor.

Drie items waarsonder jy nie kan klaar kom nie …

Bybel

My eksterne hardeskyf

My iPod

Beroep:

Projekbestuurder.

Woon in:

Equestria, Pretoria

Stokperdjies:

Skryf, digkuns, skilder – tradisioneel en digitaal. Ek het ook onlangs hierdie inkleur-vir-volwassenes-gier ontdek en geniet dit terdeë.

Luister na musiek veral van die 60’s, 70’s, 80’s en 90’s. Dit het ’n baie inspirerende effek op my.

Kyk romantiese films.

Lees.

my-werkspasie

Troeteldiere:

Ek het ’n lieflingkat. Sy naam is Jessie. En dan ook my ouers se Jack Russel, CeeJay. Ek kan die ding opeet so oulik is hy.

Wie is Alta Steyn as sy van haar skrywerstoel opstaan?

Naweke: ’n Dromer. ’n Kuiermens, maar ook ’n huisvlieg. Ek hou van tuinmaak.

In die week by my werk is ek die idealis wat tydlyne najaag en daarvan hou om dinge so effektief as moontlik gedoen te kry. My gunstelingtyd is wanneer ek weer by die huis kom en in my skrywerstoel gaan sit. Die volmaakte einde aan ’n besige dag.

Wie is jou drie gunstelingskrywers?

 Daar is so baie, maar die wat vir my uitstaan is:

Francine Rivers

Dina Botha

Wilna Adriaanse. Ek het ook baie by haar geleer.

Sophia Kapp

Dit is moeilik om net drie te noem.

As jy drie mense na ete sou nooi (lewend of dood), wie sal dit wees?

 Meryl Streep – Ek sal graag ’n onderhoud met haar wil voer. Haar intense persoonlikheid en talent trek my geweldig aan.

Die Meksikaanse akteur, Eduardo Verástegui – die held van my eerste verhaal − Liefde in September. Wel, hy is ten minste op hom gebaseer. Die man is so sexy, dis ’n skande!

Elvis Presley – Ek wil hê hy moet spesiaal vir my sing.

 

Wat was die beste raad wat jy oor skryf ontvang het en van wie?

Wilna Adriaanse, en ek haal aan:

“Hou moed as jy ernstig is oor skryf. Selfs geharde skrywers skryf dikwels eers ’n ‘toets’ weergawe van hulle verhaal sodat hulle kan sien of dit werk. Daarna begin die werklike werk waar ’n mens met ’n fynkam deur die storie gaan en begin skoonmaak en uitgooi wat nie werk nie.”

Hierdie woorde het vir my soveel moed gegee. My laat deurdruk tot aan die einde van my eerste romanse.

 

Watter boeke kan jy herhaaldelike lees?

Ek lees selde ’n boek twee keer. Ek is altyd angstig om die volgende storie te verslind.

As jy vir ’n dag as ’n ander bekende skrywer kan leef, watter skrywer sal dit wees? En hoekom?

Dina Botha. Ek sal graag wil weet wat in haar gedagtes aangaan veral wanneer sy sit en skryf. Sien wat haar skryfroetine is en hoe sy so baie boeke in ’n jaar kan oplewer. Ek persoonlik dink die vrou is fenominaal. Haar stories fantasties. Haar passie vir skryf uit hierdie wêreld.

13528686_1210823775618332_4741362404875039085_n

Dina Botha en Alta Steyn

Watter fiktiewe karakter sal jy in jou vriendekring wil hê? Hoekom?

 Bridget Jones. Sy is oulik, grappig en gee nie voor om te wees wat sy nie is nie. Sy is getrou aan die mense rondom haar. Hetsy dit nou haar familie of vriende is.

Waarom skryf jy romanses? Is dit een van jou gunstelinggenres?

 Ek glo in die liefde en sal altyd daaraan glo. Dit is mooi, skoon en ja, verdraagsaam en onvoorwaardelik. Ons het nie genoeg daarvan in ons wêreld vandag nie. Dus wil ek my deel bydra al is dit net op papier. Ek wil ook nog graag daardie SuperRomanza aanpak.

liefde-in-september_alta-steyn_voorblad_high-res

Watter boek/e is op die oomblik op jou bedkassie?

 My Bybel en ’n notaboek. Al my ander boeke is in my boekrak en hordes weggepak in houers. Ek sal ’n groter boekrak moet kry. Ek lees glad nie in die bed nie en ook net soos ek kans kry.

As jy nie ’n skrywer was nie, sou jy … wees?

 ’n Veearts. Ek is absoluut mal oor diere. Klein en groot.

In jou volgende lewe sal jy graag ’n … wil wees?

’n Skrywer en nogmaals ’n skrywer.

Enige wyse woorde of skrywersgeheime vir voornemende skrywers?

As jy eers met jou verhaal begin het, al is dit net ’n paragraaf of twee, moenie sommer ophou en dink dit is nou dit nie. Ek weet nie waarheen nie. Elke reëltjie lei na die volgende gedagte of aksie. Beplan. Ken jou karakters goed, hulle geskiedenis en waarheen hulle op pad is; al hul geite, voorliefdes, moets en moenies, en laat hulle die storie vertel. Jy as skrywer is eintlik die instrument wat húlle gebruik om húlle storie te vertel. Luister na hulle. Myne praat baie met my in my kop.

 

 

One thought on “Jy as skrywer is die instrument – Alta Steyn

  1. Corrie Steyn says:

    Ons as ouers is geweldig baie trots op Alta. Sy het hard gewerk om so ver te kom. Mag die pad vorentoe vir haar net meer suksesvol wees.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s