Vars gedruk: November boeke

WILDE HAWER – MADELIE HUMAN

wilde-hawerai

Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Madelie Human se vorige Romanzas, Om Ben lief te hê, Om Dirk te tem en Om Kobus te ken.

 Om Ben lief te hê:

Ben Louw het Leah een nag tien jaar gelede liefgehad … en weggesmyt. Terug met haar praktyk as kindersielkundige op die plaas, is Ben weer daar. Haar hart en lyf swig opnuut, maar sy weet dis verniet.

 Om Dirk te tem:

Dirk Degenaar laat Marica keer op keer voel asof sy oor ’n afgrond tuimel, en hý moet gestraf word! Sy gee vir hom fisioterapie by sy huis, maar weet naderhand nie meer wie tem vir wie nie.

Om Kobus te ken:

Toe Sureta hom bitter nodig gehad het, het hy spore gemaak, nou wil Kobus Hattingh huisie-huisie speel. Kwansuis om sy seun te leer ken. Maar dis te laat. Dié kans sal sy hom glad nie gee nie.

MOORD OP KARIBIB – ISA KONRAD

moord-op-karibibvb

Dit is Nuwejaar. Alet het geen voornemens nie, niks om te vier nie. Sy is op vlug. ‘n Vlug wat donkeraand op Karibib in Namibië eindig. Oftewel moedverloor se vlakte. Danksy twee mans bereik haar lewe daardie aand ‘n nuwe laagtepunt.

Die een is haar man. Nadese haar eks. As jou geliefde jou afknou dat jy steke nodig het, weet jy dit is tyd om te gaan.

Die ander man is dood. Alet word ‘n ooggetuie by ‘n ongeluk. ‘n Sterwende man fluister sy laaste woorde in haar oor. Die oorsaak van sy dood is egter nie die ongeluk nie, maar ‘n messteek in die bors.

Sedert die verlies van haar pa dwaal Alet doelloos en rigtingloos in haar eie lewe rond. Sy het die afgelope ses jaar ‘n vreemdeling vir haarself geword. Toe omstandighede haar op Karibib laat vasval, is daar vir haar geen ander keuse nie as om haar probleme in die oë te staar.

BOHEEM – CHANETTE PAUL

Heruitgawe

boheem-3de-uitgawevb

Katrien Bresselaar is voor die reg vrygespreek van die moord op haar man, maar nié onskuldig bevind nie.

Drie jaar later beland sy, nou bekend as Kayla Cilliers, op Bohemia, ’n kunstenaarskolonie waar Rose-Anne Lockwood ’n prutpot geskep het wat een of ander tyd moet oorkook.

Onder die kreatiewe oppervlak sied dit – Judy wat stemme van die Anderkant hoor; Lente opgevreet deur jaloesie; Seth en sy Gesie, wat gesigte sien; Alwyn, sy muse kwyt; Hendrik en Leen, Justin en snobistiese Bonnie … en Mitch Lockwood, wat alles bymekaar moet hou.

Dis hier waar Kayla vir die tweede keer in haar lewe op ’n lyk afkom en haar vingerafdruk is op die moordwapen …

DIE SOENOFFER – ISA KONRAD

Herdruk

die-soenoffervb

’n Verwaarloosde dogtertjie, net vier jaar oud, word in Soutpansbergweg gevind. Sy weet nie waar sy woon nie, of waar haar ma is nie. Wat agter hierdie kind lê en wat nog sou kom, is te gruwelik om te beskryf.

 Wessel Janke, ’n bekende joernalis, word jare later Pretoria toe gestuur om ’n onderhoud te voer met ’n vrou wat as kind ’n reeks moorde gepleeg het. Hy verwag om ’n monster te leer ken, maar Isobel Swart is ’n doodgewone vrou, ’n toegewyde ma vir haar kind, haar ewebeeld. Net soos hy, is sy op soek na die waarheid … in haarself. Sy wil hê dat mense moet verstaan wat ’n kind tot moord dryf. Sy wil self probeer verstaan. En sy wil hê hý moet verstaan. Haar verhaal trek hom in, verswelg hom. Haar waarheid word sy waarheid en dit begin daar waar nagmerries duisend dode sterf.

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s