Mari Roberts aan die woord

Die proses vir pleegsorg figureer sterk in Winterliefde. Jou beroep as maatskaplike werker het seker met hierdie inligting gehelp? Hoe beïnvloed jou beroep jou skryfwerk?

Dit was nogal moeilik om myself in die boek te distansieer en toe ek weer sien, het ek ‘n onderwerp begin wat al baie vraagstukke by my laat ontstaan het, naamlik: Is pleegsorg werklik so suksesvol?  Ek het gevalle waar dit uitsonderlik is, maar dan het ek ook gevalle wat klaaglike mislukkigs is, veral waar die kinders hulle tienerjare slaan en met dwelms en seks begin eksperimenteer.  Omdat dit ’n Romanza is, het ek die positiewe uitweg gekies en vir Sam ’n gelukkige pleeghuis en liefde gekies.

Wat het die held, Rufus, geïnspireer? 

Ek het eenkeer ’n boek gelees van ’n egpaar met my, jou en ons kinders as tema. Rufus is vir my die sterk, manlike tipe wat Sam soort van grootgemaak het en haar beskermer was.  Maar hy het ook ’n stryd met homself gehad, veral na haar sestiende verjaarsdag toe sy begin ontluik in ’n vrou en hy agterkom niks is eenvoudig nie.

Waarom het jy gekies om oor hierdie tema (liefde vir die pleegbroer) te skryf?

Gekompliseerde of moontlik gekompliseerde verhoudings met etiese vraagstukke het my nog altyd gefassineer.  Ek sal elke boek uit daardie oogpunt wou skryf, maar helaas, afwisseling is broodnodig.

Hoe verskil die pleegbroer-held van jou gewone helde?

Ek dink hy is meer beskermend. Hy sit boonop met die dilemma van hy voel iets vir hierdie meisie, maar almal om hom verwag van hom om haar te beskerm en soos ’n suster te behandel. Verder is sy tien jaar jonger as hyself en mag hy nie uiting gee aan sy gevoelens nie. In die Suid-Afrikaanse Kinderwet word verhoudings (meer spesifiek seksuele verhoudings) tussen ’n kind onder agtien jaar, met iemand meer as twee jaar ouer as teen die wet beskou.  My held is dus geweldig bewus van sy ouderdom en dit maak dit soveel moeiliker. Die verhouding tussen hulle is uiteraard nie seksueel terwyl sy nog ’n tiener is nie, maar dit maak die bewustheid nie minder nie.

Wat is jou grootste vrees?

Dat ek nie meer in staat sal wees om te kan skryf nie.

Watter boeke lê op jou bedkassie?

Die Bybel en twee Romanzas.

Aan watter skryfgewoonte (van jouself of ander skrywers) het jy ’n broertjie dood?

Van myself: Ek kan nie langer as twintig minute stil sit en skryf nie, dan moet ek eers iets fisies gaan doen. Ek mors baie tyd deur dit te doen, maar ek kan nie skryf af iets nog vuil is in die huis nie.

Wat is die lekkerste van skryf?

As jy jou boek van die uitgewers terugkry. Dit feit dat ek relatief onbekend is in my omgewing.  Ek kan ongesiens beweeg en hoor wat mense van die boeke dink sonder dat hulle weet ek hoor hulle.

Wat was die kosbaarste les wat jy by ander skrywers geleer het?

Om jouself nooit met hulle te vergelyk nie.

hemingway-writing-quote-570x395

Wat wens jy, jy het geweet toe jy begin skryf het?

Nee genugtig, nou vra jy darem diep vrae waaroor ek nog nooit gedink het nie.

Wie is jou skryfrolmodelle?

Daar is heelwat: Ena Murray, Chanette Paul, Irma Joubert en Lerina Erasmus.

Engelse skrywers is daar net een: Sydney Sheldon.

Wat is noodsaaklik op jou lessenaar (behalwe jou rekenaar) om lekker te kan skryf?

’n Woordeboek en die blokkiesraaiselwoordeboek. Ek dink baie in Engels vandat ek weer begin werk het, dus moet ek maar ’n woordeboek byderhand hou.

Wat is die belangrikste les oor skryfkuns wat jy geleer het?

Deursettingsvermoë en lees baie.

Wat is jou grootste skryffiemies?

Ek het nie so iets nie.

Wat is jou gunstelingaanhaling?

“Die gedienstige engel het gekom in ’n huis waar daar liefde was, en met ’n glimlag omgedraai, en gesê: My diens is hier oorbodig”. ~ C.J. Langenhoven

Wat is jou grootste uitdaging wanneer jy ’n romanse skryf?

Om dit nie boring te laat klink of clichés te gebruik nie.  Om die tema vars te hou.

how-cliched-is-your-writing-take-the-test-1024x683

Werk jy aan ’n volgende manuskrip? Indien wel, kan ons ’n sneak preview kry?

Ja, en nee.

Watter spesifieke eienskap moet ’n held hê om jou hart te steel?

Hy moet die heldin verstaan en mooi oë hê.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s