’n Eerstehandse gesels met Didi Potgieter

Wat lees jy op die oomblik?

Night Shadow van Nora Roberts

Wat doen jy wanneer jy nie skryf nie?

Ry kinders rond… en doen vertaalwerk en teksredaksie.

Wat is jou grootste vrees?

Dat ek kinders die wêreld gaan instuur wat nie daarvan ʼn beter plek gaan maak nie… Ek is ook bang vir hoogtes en klein spasies.

Watter boeke lê op jou bedkassie?

Night Shadow en die Amplified Bybel.

Hoe gaan jy te werk as jy ’n boek begin?

Ek skryf die eerste paragraaf en die epiloog, al vee ek beide later uit.

Wie is jou skryfrolmodelle?

Nora Roberts, Sophia Kapp, Elsa Winckler en Dina Botha.

Wat was die grootste uitdaging vir jou om ’n Tweedehandse hart te skryf?

Ek weet absoluut niks van die mediese professie nie, maar die uitdaging was pret.

Watter eienskappe moet ’n held hê om jou hart te steel?

Dis ʼn moeilike een … Hy hoef net die held te wees dan traan my oë al. Maar elke held van my kry iets van my man – ek dink dit is waarom ek dadelik verlief is op my helde! Ek hou van ʼn sterk man met ʼn sagte hart …

Hoe het jy begin skryf?

ʼn Skryfopdrag vir Skryfkuns aan die Noordwes-Universiteit. Ek het glad nie gedink ek gaan liefdesverhale skryf nie, maar dit is wat natuurlik gekom het toe ek agter die rekenaar inskuif!

Het jy romanses gelees voor jy dit self begin skryf het?

Oor en oor en nog en weer!

Daar is baie mense wat graag wil skryf. Wat sou jy sê is die eienskappe waaroor ’n voornemende skrywer moet beskik? 

Deursettingsvermoë!

 Wat was die kosbaarste les wat jy by ander skrywers geleer het?

“Jy kan nie ʼn genre skryf waarin jy nie glo nie” (Sophia Kapp) en “wyn op sy tyd is van onskatbare waarde”.

images

Wat wens jy jy het geweet toe jy begin skryf het? 

Ek weet nie, ek dink ek moet nog so baie leer, ek vermoed dat as ek alles geweet het ek dalk nooit sou begin het nie.

Jy gee Bloemfontein baie getrou weer in ’n Tweedehandse hart. Hoe belangrik is navorsing en lewensgetrouheid in skryfwerk en hoe het jy hierdie navorsing aangepak? Het jy na Bloemfontein gereis of moes jy van Google Maps gebruik gemaak?

Een van my beste vriendinne het my Bloem toe gevat vir ʼn naweek. Die grootste deel van my storie was toe reeds geskryf maar die gapings was daar. Ons het die hospitale gaan besoek en ek kon die gevoel van die plek kry… Die vreemdste was dat die Dewetsdorp in my verbeelding presies soos in die regte lewe gelyk het!

Realiteit houcontsaglik baie plot-moontlikhede vir ‘n skrywer in.

NG_kerk_Dewetsdorp_Willeen_Olivier

’n Tweedehandse hart is jou derde Romanza. Het die moeilikheidsgraad van skryf toe- of afgeneem? Is dit nou makliker of moeiliker om te skryf?

ʼn Bietjie van beide. Ek kan die slaggate waarneem, maar elke keer is die druk daar om die nuwe storie beter as die vorige een te maak.

Is Helene pure verbeelding of is sy op ’n kennis/vriendin gebaseer?

Helene is my eerste karakter wat nie op ’n vriendin gebaseer is nie. Sy was my waagstuk omdat sy presies die teenoorgestelde van my is … Sy het my nie so maklik toegelaat om in haar kop te klim nie!

shutterstock_278626679

Watter navorsing moes jy doen om ’n Tweedehandse hart te skryf?

Ek is uiters gebless met vriende wat my ondersteun. Een van my beste vriende is ʼn ginekoloog en kon my help met mediese aspekte, ek dink hy het al begin wegkruip as ek nader kom. Ek was ook elke tweede dag op die Orgaanskenkers-webtuiste en het self as ‘n skenker geregistreer omdat dit wat hulle doen vir my so wonderlik is.

’n Tweedehandse hart is ’n besonderse titel. Hoe het jy daaraan gekom?

Ons was op pad van Bloem af toe Ben Haenow se Second Hand Heart begin speel – dit het my net getref! My kids noem dit nou Mamma se song.

'n tweedehandse hart high res

Is dit moeiliker vir jou om in die ‘feeks’, Lelani, se kop te klim as in die van ander karakters?

Dis ʼn ander tipe klim en om ʼn goeie feeks te skep is nie maklik nie… om die waarheid te sê ek gebruik mense wat in hulle lewe al gemeen met my was en bou hulle uit.

Hoekom is Lelani so ’n feeks?

Sy moes wees… haha, nee sy dink sy verdien die wêreld op ʼn skinkbord en sy soek dit voor ses, as ek dit so kan stel. Die Engelse woord is entitled.

Wat is daar vir jou in die pyplyn?

ʼn Meestersgraad (hopelik gou) en nog vele romanses!

 

One thought on “’n Eerstehandse gesels met Didi Potgieter

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s