Facebook-vriendin: Nenette de Lange

Vertel ons so bietjie van die vrou agter die boek?

Ek is maar net ’n doodgewone werkende ma, wat elke dag moet aanpak en seker maak jy kom aan die anderkant uit. Niks opwindend en uitdagend nie. Dis nou as jy die verkeer op pad werk toe uitsluit, waardeur jy moet veg elke oggend.

Beroep: Ek is in die advertensiewese.  Ek is ’n implementasie beplanner.

Woon in: Gauteng

Stokperdjies: Ek is mal daaroor om my besig te hou met ’n hele klomp kunsvorme. Ek doen graag mosaiekwerk, loombrei, so bietjie hekel en brei.  Ek doen ook lapverf. Lees my Romanza-boeke is definitief bo aan die lysie.

Troeteldiere: Ek het twee kokketiele en twee woefkinders.

Wat geniet jy die meeste van lees?

Om rustig te kan opkrul en weg te raak in die verhaal en myself in te leef in die gebeure.

97cfcbaea284f4b7d1bee4f355cc6e29

As jy enige plek in die land kon bly, waar sou dit wees?

Ek sal graag in die berge wil bly langs ’n waterstroompie of waterval. Met ’n lekker warm kaggel waarvoor ek my boeke kan lees. Geen selfoonopvangs, ’n rustige plek – maar met net die nodigste en so bietjie luuksheid want dis altyd lekker om te bly in ’n plek wat pragtig is (dis nou die décor)

Wat doen jy graag naweke?

Met kinders in die huis en my voltydse werk, is dit maar die tye wat ek my inkopies moet doen en kinders rondry. As daar ’n tydjie is, doen ek my kunswerkies en as die kinders my so bietjie uitlos, gryp ek my boeke en lees. Ek sou baie graag opwindende dinge wou doen, maar met vandag se ekonomie, is daar net nie genoeg geld om dit te doen nie.

Behalwe romanse lees ek ook graag …

Nee wat, ek lees net my romanse. Ek is versot daarop.

Wat is die drie items waar sonder jy nie kan leef nie?

Daar is nie veel goed wat vir my so belangrik is nie. My gesin en boeke is vir my die heel belangrikste.

Wie is jou drie gunstelingskrywers is?

Dit maak nie veel saak wie die boeke geskryf het nie, solank dit ’n Romanza is, is ek die heel gelukkigste.

As jy drie mense na ete sou nooi (lewend of dood), wie sal dit wees?

Prinses Diana, Sandra Bullock en my man.

Watter boeke kan jy herhaaldelike lees?

Ek lees nie rêrig ’n boek meer as een keer nie. Want ek wil elke storie wat ek in Romanza lees opsuig.

Watter heldin het  jy onvergeetlik gevind? Wat het haar uitsonderlik gemaak?

Daar is so baie dat ek nie een kan uistonder nie. Ek is mal oor hulle almal

Sal jy ooit ’n boek wou skryf?

O ja, absoluut – ek wens ek het daai talent gekry om dit wat ek voel en dink te kan neerskryf. Om dit te omskep in iets wat die moeitewerd is vir ander om te lees.

Indien wel… Wat sal die boek se naam wees?

Sjoe, ek het nog nie so daaraan gedink nie. Dit sal gelei word deur waaroor ek skryf, die omgewing of omstandighede.

Wat sou jou heldin se naam wees? Hoekom?

Dalk my naam, want ek dink ek het ’n sterk maar teer naam

’n Held is aantreklik as hy watter eienskappe het?

Lank, gespierd, ’n harde kwas, maar ’n hartjie soos ’n beer wat dit nie wil erken nie

Waar sonder kan jy nie leef nie?

Boeke. Ek wens daar was net meer tyd in ’n mens se dag waar jy kan sit met ’n boek. En om nie sleg te voel dat jy jou gesin en huis afskeep nie.

In my volgende lewe wil ek ’n … wees.

Romanseskrywer

Aanhaling waarvolgens ek leef, is:

Probeer maar weer. As dit nie werk nie, probeer iets anders

One thought on “Facebook-vriendin: Nenette de Lange

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s