Santie van der Merwe gesels

Ek sal die gelukkigste persoon in die wêreld wees as:

Ek nooit iewers heen hoef te gaan nie. As ek net uit my huis uit kan gaan as ek die behoefte het om uit te gaan. Wat byna nooit gebeur nie.

Liefde is soos ’n boks …

Vol bolle wol. Dit het die moontlikheid om iets knus en liefliks te word, iets wat jou teen die elemente daar buite kan beskerm, maar dit kan ook baie deurmekaar en vol knope word as jy dit onverskillig hanteer.

Vrede omring my as …

Alles wel is in my wêreld. Veral saans, as ek weet my geliefdes is veilig in hulle beddens. As ek ʼn paar kussings regskud, rondstaanskottelgoed in die skottelgoedwasser pak, ʼn skoon vadoek uithaal. As ek inkruip, en ek weet ek het gedoen wat ek moes doen. En soggens, as ek die gordyne in my huis ooptrek en die lig stroom in, en ʼn dag lê voor my so vol potensiaal.

Watse verrassings is in jou beursie?

Gewoonlik net ʼn paar rand, en my kaarte, maar soms ook ʼn stukkie wol waarvan ek meer moet koop.

Ek kan regtig leef sonder …

Onverdraagsaamheid. My eie, en die van ander. En ek sal vir seker kan leef sonder die chroniese pyn wat ek ervaar.

Niks, ek herhaal niks, kom tussen my en …

My leestyd op Sondae nie.

Is die glas half-vol of half-leeg?

Half vol. Behalwe as dit vonkelwyn is, dan is myne altyd halfleeg.

images (2)

Wat’s jou gunstelingwoord?

Tevrede.

My trooskos is

Herderspastei met ʼn dikker laag kapokaartappel as maalvleis.

Alles in ’n verhouding is onderhandelbaar, behalwe

Oneerlikheid.

Ek skryf omdat …

Daar altyd stories in my kop is. Omdat dit vir my wonderbaarlik is dat ʼn mens dieselfde 26 letters op soveel maniere kan inspan.

Ek glo onwrikbaar in die …

Inherente goedheid in mense.

Wat het jy gedoen om in Anneleen se kop te klim?

Ek het my verbeel ek sien my lewe soos dit is, vir die eerste keer. Ek het baie gedink oor hoe ek was, en nou is. Ek het ook met vriendinne gesels oor hulle verwagtinge, en hoe hulle lewens uitgedraai het.

anderleen

Wat was die inspirasie vir Anderkant vergeet?

Mense wat vergeet wie hulle eintlik is. Ekself ook. Mense wat een of ander tyd verward om hulle rondkyk en vra: “Hoe de hel het ek hier gekom?”

anderkant vergeet

Onthou om jou boeke saam te bring!

 

2 thoughts on “Santie van der Merwe gesels

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s