Nuut op ons tafel

’n Tweedehandse hart − Didi Potgieter 

'n tweedehandse hart high res

Helene keer terug na haar geboortedorp omdat sy móét. Sy en haar vervreemde man Cronjé het ’n dogtertjie geërf. Die oomblik toe sy Cronjé sien, weet sy hier’s moeilikheid: Hy is steeds die kompas van haar hart.

Winterliefde − Mari Roberts

winterliefde high res

Voordat Sam se hart haar kan verraai, vlug sy Drakensberge toe. Maar toe sy weer sien, is Rufus skielik ook ’n onderwyser by dieselfde skool waar sy werk. Én hy trek in by die kamer reg langs hare!

Perfek vir mekaar − Louise Minnaar

Perfek vir mekaar high res

’n Wildtuinvakansie saam met vreemdelinge is nie Nicola se idee van pret nie. Ook nie die arrogante Danie nie. Sy wil hom op ’n afstand te hou, maar Danie laat haar – en haar hart − nie met rus nie.

’n Stukkie genade  − Dianne van Eeden

'n stukkie genade low res

Anjenette stem in om Brad, wat weens ’n vliegongeluk blind gelaat is, se persoonlike assistent te wees. Kort voor lank moet sy egter alles in haar vermoë doen om haar gevoelens vir hom van sy sesde sintuig weg te steek.

Seldsame man − Bets Smith

Seldsame man(Voorblad)

Isa glo sy het die trauma van Deon se dood verwerk. Haar ma stem nie saam nie. Die res van haar familie ook nie. Toe sy haar onverwags by die werk vasloop in die man wat haar daardie rampdag gered het, begin sy self twyfel. Ettienne se verskyning gooi haar lewe opnuut omver. Sy herleef die ontsetting van destyds in nagmerries en onverwagse terugflitse wat herinneringe oproep wat sy onbewustelik onderdruk het. Wat hét alles op Phuket gebeur? Watter rol het Ettienne gespeel? Sal dit genesing bring as sy die verlede gaan konfronteer? Of sal sy terugval in depressie en ontkenning?

Bloedlyn − Madelein Rust

Bloedlyn(Voorblad)

Doktor Renata Malan is ‘n profileerder met ‘n donker verlede en ’n talent om in geweldsmisdadigers se koppe te klim. Die oorgeërfde boosheid wat in haar gene skuil maak van haar ‘n gedugte teenstander en ‘n gehate vyand.

’n Seksmoordenaar saai amok tussen die ontroue vroue van Bloemfontein se rykstes; Renata en haar span moet hom help aankeer voordat nog vroue sterf. Die een raaiselagtige leidraad na die ander duik op ondanks die gebrek aan forensiese getuienis.

Is die moorde die werk van haar ontsnapte moordenaar-pa, of is daar ’n ander monster wat sy dodelike fantasieë keer op keer uitleef?

Die moordenaar is forensies en tegnologies bekwaam, hy het kennis van menslike anatomie en hy weet hoe om sy slagoffers sonder enige teenstand tot in sy moordkamer te kry.

Die spanning bou op wanneer die moordenaar met Renata kontak maak en haar betrek by die sadistiese moorde. ’n Lid van haar span word geskiet en nog een word wreed aangerand. Is sy volgende aan die beurt?

Die moordenaars in Renata Malan se stamboom het toegegee aan hulle natuur wanneer daar ’n sneller was. Is hierdie saak die sneller, die een wat haar finaal oor die afgrond gaan stoot?

 

 

 

4 thoughts on “Nuut op ons tafel

  1. Bets Smith says:

    ‘n Vraag: Is Didi Potgieter en Didi Symington dieselfde vrou?
    Baie geluk aan al die Romanza-mammas, ook aan jou, Madelein. Die rooi van Bloedlyn voorspel ‘n spanningsvolle leestrippie. Al julle boeke lyk na lekker vakansieleesstof. Mari, dis ook goed om weer een van joune hier te sien.
    Lekker lees, aan al die lesers.

      • Bets Smith says:

        Ek dog net dis dalk een en dieselfde mens, maar nou sien ek ek is disleksies!! Kan jy nou glo, en dan skel ek die kinders heimlik as hulle dieselfde fout maak. Dis ‘n goeie les vir hierdie juffrou. Sal volgende keer beter kyk.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s