Gesellig met Ida Bester

Beroep: Was taalpraktisyn by Unisa en afgelope 15 jaar skrywer.

Woon in: Leeupoort op ’n wildplaas in Limpopo.

Stokperdjies: Lees, hekel, fotoplak en kaartjiesmaak.

Gunstelingboek deur ’n ander Romanza-skrywer:

Te veel om te noem. Lees graag van Madelie Human en Marilé Cloete.

Hoe lank het dit jou geneem om Kammabruid te skryf?

Ongeveer vyf maande want ek is baie betrokke by die gemeenskap, my kinders en kleinkinders.

kammabruid_high res

Wat was die muse agter dié Romanza?

’n Besoek aan die verruklike Madikwe-wildreservaat; en die koninklike egpaar van Monaco se tweeling.

princess-charlene-twins

Wat is jou grootste vrees?

Om elke dag aan snelwegverkeer blootgestel te word.

Om te ontspan …

Kyk ek TV-reekse, soos Downton Abbey, op DVD.

Ek kan regtig leef sonder…

Skinderstories.
images

My gunstelingwoord is …

Dankie

Werk jy aan ’n nuwe Romanza? Kan jy ons ’n preview gee?

Ja, ek werk aan ’n Romanza. My heldin besit ’n maatsoekagentskap en raak op ’n kliënt verlief.

Wat was die beste raad wat jy oor skryf ontvang het en van wie?

In die aanlynskryfkursus wat Jeanette Ferreira deur LAPA Uitgewers aangebied het, het ek geleer om ’n skyfstuk vooraf in breë trekke te beplan: karakters, intriges, hoofstukke.

Wanneer het die skryfgogga jou gebyt?

Sommer van laerskool af. Ek het kort Kersspele geskryf wat ek, my sussie en niggies vir die grootmense opgevoer het.

Wat is noodsaaklik op jou lessenaar (behalwe jou rekenaar) om lekker te kan skryf?

’n Koppie sterk Duitse filterkoffie.

cup-of-coffee

Wat is die belangrikste les oor skryfkuns wat jy geleer het?

Om die mooiste uitdrukkings (“darlings”) nek om te draai

Wat is jou grootste skryffiemies?

Ek onderbreek die proses om taal en spelling na te slaan. ’n Oorblyfsel uit my redigeerdae

Bestel Kammabruid hier: https://www.lapa.co.za/fiksie/romanza/kammabruid/sagteband

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s