Hannah se vooruitsigte: ’n Klein kamer en ’n loopbaan as kelnerin – Mandie Human

nou-eers-verlief

Nou eers verlief is ʼn vars en uitnemende boek. Ronelle Uys het daarin geslaag om die leser al op die eerste bladsy bekend te stel aan die heldin, Hannah Gerber, en die held, Nicolas Hamilton. Vanaf die eerste bladsy word die leser geboei.

In hierdie verhaal verloor Hannah alles wat sy het: haar huis, man, kar en al haar ontwerpersklere. Nicolas, ʼn huisvriend, stel haar aan as sy dogter, Annabelle, se oppasser en gou begin die vonke spat.

Hannah is ʼn besondere sterk karakter, wat ten spyte van haar ongeluk, positiwiteit in haar lewe verkry deur klein Annabelle te versorg. Soos in die boek afgelei kan word, is Hannah ʼn natuurlike “mamma”. Al is Hannah gewoond aan weelde en rykdom, sypel haar waardes van haar kinderdae sterk deur in die Hamilton’s Estate.

Nicolas is ook ʼn besonderse interessante held wat die leser gedurig laat wonder. Al is Nicolas ʼn gesiene en invloedryke man, word hy uitgebeeld met deernis en sonder enige pretensie. Sy medemenslikheid kom ook na vore. Enige vrou se droom! Hierdie twee karakters word so goed en sterk uitgebeeld dat die leser elke emosie saam met Hannah ervaar.

Die oorsaak van Hannah se veranderende lewenstyl moet self ontdek word, maar daar word beloof dat die leser op die punt van hul stoel gaan sit om hierdie gebeurtenisse te sien ontvou.

Koop Nou eers verlief hier: https://www.lapa.co.za/Winkel/Besonderhede?productid=6859

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s