Hofsitting vir liefde – Mandie Human

TDK facebook3

Hans Du Plessis kry dit dit weer eens reg om die leser te boei en deel te maak van elke verhaalgebeurtenis in Tussen die klippe.

Hierdie verhaal, wat afspeel in die Hof van Landdros en Heemrade in die Moot, handel oor ʼn dominee, Johannes, wat vanaf die Sinode in Potchefstroom, gestuur is na die hofsitting tydens die saak teen Susanna Espag. Tydens hierdie boek word sy ook Susanna Marais en Susanna Nortier genoem omdat sy al twee keer getroud is. Susanna word beskuldig deur Donkerhoek se kerkraad van bigamie en bedrog. Johannes se rol is om te verseker dat daar nie teen die Bybel se wette opgetree word nie en hy moet ook na die hofsitting verslag gaan lewer aan die Sinode in Potchefstroom.

Johannes aanskou elke gebeurtenis van die hofsitting met ʼn kritiese en opregte hart, maar word gefassineer deur Susanna se beeldskone voorkoms en misterieuse persoonlikheid. Hy probeer hard om hom nie vir die Landdros en kerkraadslede te vererg nie en herinner homself gereeld aan die grootste gebod van die Bybel, jy moet jou naaste lief hê. Karakters soos Charl Marais, Catharina Nortier en Joachim Prinsloo sorg vir baie konflik en Johannes se innerlike konflik word goed oorgedra.

Hans Du Plessis slaag daarin om die leser vanaf die eerste bladsy te boei. Sy woordvernuf verseker gemaklike lees, maar stel ook die innerlike letterkundige nie teleur nie. Sy woordspeling en skep van ʼn atmosfeer is hartroerend:

“Veerlig vlug die voordag, grys soos guitige duiwe, toe breek die dag geel soos goeie room.” (131)

Hy speel met woorde om emosie te ontlok en kry dit baie goed reg om die leser se nuuskierigheid aan te wakker.

Liefde is ʼn sentrale tema in hierdie roman en neem verskillende vorms aan. Die groot vraag is egter, word Susanna skuldig bevind en wat is die ware storie?

Vind uit: https://www.lapa.co.za/fiksie/historiese-fiksie/tussen-die-klippe/sagteband

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s