Aan die woord: Cecilia Nortjé

 

Het jy romanses gelees voor jy hulle self begin skryf het?

Ek het as laerskooldogtertjie ’n advertensie in die Huisgenoot vir die destydse JP van der Walt-boekklub gesien en my ma gesmeek om my daarop in te teken. Ek het daai spoorwegbus wat die possak bring omtrent met ’n valkoog dopgehou. As ek eers my pakkie met die twee boeke oopgemaak het was ek weg in ’n ander wêreld.

Wat is jou grootste uitdaging wanneer jy ’n romanse skryf?

Tyd. Deeltyds skryf is baie moeilik. Ek is of kwaad omdat ek nie tyd het vir skryf nie, of ek is kwaad as ek tyd het vir skryf en die storie het intussen uit my kop padgegee.

Wat het die storielyn van Een nag in Parys geïnspireer?

Frankryk, Frankryk, Frankryk! Ek het my bes gedoen om net daar vakansie te hou en nie ’n storie om elke hoek en draai raak te sien nie, maar die muse skuil in alles: van die ongelooflike kos tot die minder vriendelike mense.

Hoe belangrik is navorsing en lewensgetrouheid?

Dis een van die hoekstene van ’n goeie storie. As leser vind ek niks so beledigend soos ’n verkeerde feit in ’n boek nie. Dis daarom ook baie moeilik om oor ’n plek te skryf as jy nie self daar was nie. Maar ek verpes dit as ’n boek soos ’n reisgids klink. Feite moet subtiel ingeweef word sodat die leser die gevoel van die omgewing kry.

Wie het die dogtertjie, Mieke, geïnspireer?

Mieke se karakter is nie op ’n werklike persoon gebaseer nie. Soos vele van my karakters bestaan sy in my verbeelding.

Jy en jou dogter het verlede jaar vir Frankryk besoek. Het julle al die plekke besoek wat Cara besoek het?

Ons was in al daardie dorpies en nog vele meer. Die Franse platteland is werklik bekoorlik, ek wens ek het tyd gehad om nog meer te sien.

Het jy vanaf die begin geweet dat Cara haarself reinvent vanaf ouditeur na pastry chef? 

O ja, die ontwaking van die heldin is myns insiens ook ’n essensiële element van die storie. Ons almal wil graag emosioneel groei en ek glo dis ’n manier om die karakter vir die leser geloofwaardig te maak.

shutterstock_294639851

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s