Vars van die drukkers

Eilandvuur – Serena Steyn

 eilandvuur_high res

Laverne Rieckert stem in om die biljoenêr sakeman Alain Picault in ʼn lokval te lei om haar oorlede man, Mike, se moordenaar te help vastrek. Maar daar het iets tussen haar en Alain gebeur, ʼn vuur het begin flikker

 Middernagsoene -Alma Carstens

middernagsoene_high res

Giselle glo die liefde bring net hartseer, daarom gaan sy nooit eendag trou nie. En ook nie verlief raak nie. Toe ontmoet sy dokter Ben Joubert wat haar oortuigings uitdaag deur haar siening oor die liefde drasties te verander.

Verlief op die baas – Madelein Stoltz

verlief op die baas_high res

Christi Lombard sal nie soos haar voorganger verlief raak op die baas nie – sy en haar gesin het hierdie werk broodnodig. Haar baas Darius, en haar hart, hou egter nie by die reëls nie.

Lorna en die professor – Malene Breytenbach

Lorna en die professor_high res

Lorna ontmoet professor Arno Retief toe hul motors bots. Die noodlot bring hul weer by mekaar toe haar motor gaan staan en Arno tot haar redding kom. Maar hy dink sy is te jonk en sy dink hy is ’n rokjagter.

DROOMLAND – Vita du Preez

Droomland(Voorblad)

Wanneer Ruby Swart se ma onverwags sterf,  is sy meer as ooit vasbeslote om uit te vind wie haar biologiese pa is. Al is dit net om vir die man wat haar ma as matriekmeisie in die steek gelaat het en nooit sy dogter se bestaan erken het nie te sê hoe sy hom verag.

Met harde werk en verbete wilskrag het Ruby Swart vir haar ’n lewe gebou. Eers as internasionale model en deesdae as sakevrou met haar eie Black Ruby- klerereeks en boetiek in die Kaapse Waterfront. Maar sy sal nooit volledig mens voel terwyl vyftig persent van haar genepoel ’n raaisel is en die gevoel van verwerping soos ’n meulsteen om haar nek hang nie.

In haar soeke na die waarheid kruis haar pad met twee mans s’n: Die konserwatiewe dokter Joshua Durant wat haar ma se vertroueling was en Ruby vermoed meer omtrent haar ma se verlede weet as wat hy laat deurskemer.  En Vincent Boonzaaier, haar oorlede ma se enigmatiese buurman wat rillers vir die internasionale mark skryf en ’n kluisenaarsbestaan op die klein Bolandse dorpie voer. Reeds met die eerste oogopslag voel Ruby ’n geweldige aantrekkingskrag vir hom. Asof haar lyf en psige hierdie vreemdeling op ’n primitiewe vlak herken.

In haar soeke wat van Eden, haar geboortedorp na Londen lei, begin Ruby besef dat onskuldige mense dalk kan seerkry.  Moet sommige geheime nie eerder geheime bly nie? is ’n vraag waarmee sy begin worstel. Hoewel haar gevoelens vir Vince verdiep, moet sy die waarheid in die gesig staar: ’n Vrou kan nie teen ’n man se gewete vir sy liefde baklei nie.

Vrediger – Dibi Breytenbach

Vrediger(Voorblad)

Dit is die verskriklikste dag van Willem Maarschalk se lewe. Op vier en veertig is hy die gekoesterde raadgewer en prokureur van ’n skatryk suikerbaron. Ná ’n egskeiding en verhuising na ’n klein dorpie in die Natalse platteland, is Willem se lewe rustig en relatief ongekompliseerd, tot dáárdie dag.

Twee moorde en een inval op dieselfde plaas op dieselfde dag ruk hom na die wrede werklikheid en hy word meteens brutaal gekonfronteer met die roeringe en onrus wat onder die spieëlgladde oppervlak van sy klein dorpie lê.

Wie is verantwoordelik vir die moorde? Wie is verantwoordelik vir die inval op die plaas? Wie is die mense vir wie hy werk? Is mense van nature koelbloedig of word hulle so? Is almal wie hulle voorgee om te wees? Hierdie is die vrae wat Willem vir homself moet antwoord binne die bestek van ses en dertig verskriklike ure.

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s