FACEBOOK-VRIENDIN: Amanda Claassens

Amanda Claassens

Vertel ons so bietjie meer van jouself

Ek en wederhelf is reeds 36 jaar getroud, en ons het twee volwasse dogters, waarvan die jongste getroud is en ons geseën het met twee pragtige kleindogters.

Beroep: Ek is ‘n korttermynversekeringsmakelaar

Woon in: Ons woon sedert die einde van 1983 in Kempton Park

Troeteldiere: Ons is Staffie-mense, en ons huidige dierekind is ’n bruin enetjie genaamd Coco

amanda

Wat geniet jy die meeste van lees?

Behalwe dat ek myself heeltemal verloor in ’n goeie verhaal, geniet ek keurige en slim taalgebruik.

Vertel ons van jou ander stokperdjies?

Scrapbooking is vir my sinvol, omdat jy werk daaraan om jou herinneringe veilig te bewaar, maar tans is die ure in die dag te min om daarby uit te kom. Ek spandeer baie tyd aan hekel vir ’n bediening wat trooskomberse maak vir mense wat geliefdes aan die dood afgestaan het. Ek is ook gemoed met die administrasie van die Faceboek-blad van die bediening.

As jy enige plek in die land kon bly, waar sou dit wees?

In Kaapstad of omstreke, om naby my kleinkinders te wees.

images

Wat doen jy graag naweke?

Saterdae gaan altyd te vinnig verby, en Sondae is gesinsdag en kerkdag. Ons braai graag Sondag vir middagete, en kuier dikwels met ‘n bordspeletjie as die eetgoed opgeruim is.

Behalwe romanse lees ek ook graag.

Eers bieg, ek het nog nie veel romanses gelees nie, maar daar lê nou vier op my te-lees-hopie. Ek lees graag geestelike fiksie, en beproef ook ander genres. Ek lees in Afrikaans en Engels. Ek hou glad nie daarvan om ’n vertaalde werk te lees nie, behalwe as die oorspronklike in ‘n taal sou wees wat ek nie magtig is nie.

Wat is die drie items waar sonder jy nie kan leef nie?

My outomatiese wasmasjien, my goeie strykyster en my rekenaar

Wie is jou drie gunstelingskrywers is?

Moeilik om te kies, maar ek dink dadelik aan Irma Joubert, Francine Rivers en Dee Henderson

As jy drie mense na ete sou nooi (lewend of dood), wie sal dit wees?

Beethoven, Trevor Noah en Koos du Plessis

Watter boeke kan jy herhaaldelike lees?

Mark of the Lion-trilogie, en Irma Joubert se Tussen Stasies-trilogie

Watter heldin het  jy onvergeetlik gevind? Wat het haar uitsonderlik gemaak?

Francine Rivers se Hadassah. Sy het onder uiterste omstandighede nooit haar geloof en beginsels versaak nie, en met blymoedigheid gedien. Mens kan baie by haar leer.

Sal jy ooit ‘n boek wou skryf?

Ja, daar maal wel ‘n paar stories in my kop, kortverhale wat dalk wil groei na iets meer.

14762-Typewriter

Indien wel… Wat sal die boek se naam wees?

’n Blom wat stom is

Wat sou jou heldin se naam wees?

Elma val vir my lekker op die tong

’n Held is aantreklik as hy watter eienskappe het?

Lojaliteit en doodgewone goeie maniere tel vir my baie punte. As hy boonop nie rook of drink nie, nog meer.

Waar sonder kan jy nie leef nie?

Sonder my hartsmense en my geloof

Aanhaling waarvolgens ek leef, is:

Moenie teen die prikkels skop nie!

One thought on “FACEBOOK-VRIENDIN: Amanda Claassens

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s