Gesprekshoek: Annetjie van Tonder

Ek sal die gelukkigste persoon in die wêreld wees as …

Ons al ons kinders hierdie Kersfees saam met ons kan hê.

Liefde is soos …

’n Sagte donskuikentjie – mens moet dit sag vashou en koester.

As ek verveeld is …

Neem dagdrome oor en verplaas ek my na lieflike eilande.

The Oberoi Mauritius_02.31bcc953a9d569dd785257855d0f80a922

Vrede omring my as …

Ek elke dag my hand in my Hemelse Vader s’n plaas.

My gunsteling woord(e) is

“Ek kan, ek wil, ek sal . . .”

Waar wil jy graag op vakansie gaan?

Ek sal graag in Rome wil vakansie hou en al daardie kosbare skatte geniet.

Watse verrassings is in jou handsak?

Sal ek my geheim verklap? ’n Ekstra hartpilletjie en ekstra batterye vir my gehoorapparate.

Vir wie sal jy jou laaste dans wil spaar? Hoekom?

Sal my laaste dans vir my man wil spaar, want geen ander man sal my so lekker kan vashou nie en hy weet hoe om my te stuur.

P5H9287_edit

Wat was die beste raad wat jy oor skryf ontvang het en van wie?

Die beste raad oor skryf het ek van prof. Hans du Plessis gekry: “As jy ’n skrywer wil wees, leef dan soos een. Kry jou sit op ’n stoel en skryf. Moet ook nooit oor die inhoud van jou storie praat voor die boek nie op die winkelrakke is nie. As jy vertel waaroor jou storie gaan, verloor jy dit. Vergeet van taalreëls, skryf net, jy kan na die tyd redigeer”.

Hans du Plessis

Hoekom het jy juis die romanse as genre gekies?

Ek het die romanse genre gekies omdat ek in liefde glo. Daardie ondefinieerbare iets wat ’n man en vrou aangetrokke tot mekaar maak. Selfs Salomo het nie geweet hoe werk dit met ’n man en meisie nie, maar hy het geweet daar is ’n magiese aantrekkingskrag. Vir hom was dit net vele vroue. Ek kies graag een man en een vrou.

Wie/wat beïnvloed jou skryfstyl?

Wat beïnvloed my skryfstyl? Ek dink my skryfstyl is al in my skooljare gevorm omdat ek altyd baie gelees het. Miskien is van die ouer skrywers se style onbewustelik in my gesedimenteer, om met die tyd ryp te word en vorm te kry in my eie unieke styl.

Beplan jy jou romanse of vat die karakters maar eie inisiatief?

Beplanning: Ek beplan my karakters baie goed – stel selfs vir hulle stambome op. Verder bedink ek my plot en ook die ontknoping, maar dit gebeur gewoonlik onder die stort. Ek stip wel ’n paar punte aan om vir my rigting me die verloop te gee, maar soms neem die storie sy eie loop.

 

Het jy die navorsing oor bonsaikuns geniet?

Navorsing oor bonsaikuns? Dit was maklik. My skoonseun is ’n Italianer en werklik ’n bonsaimeester. Hy reis die wêreld vol om werkswinkels aan te bied en besit ’n groot bonsai-besigheid in Berlyn. Ek het maar by hom afgekyk. Loer gerus by Bonsai Concept Berlin. Sy lieflike boompies is daar uitgstal.

 

Wat is jou grootste uitdaging wanneer jy ’n romanse skryf?

Grootste uitdaging wanneer ek romanse skryf? Om vir my lesers te wys dat ware liefde vele struikelblokke kan oorwin. Ook om die uiteindelike bymekaarkom eg menslik te maak. Jong meisietjies lees die boeke, daarom wil ek dit so aanbied dat hulle kan sien daar is goeie helde en heldinne. Maak nie saak wat jou omstandighede is nie, iewers wag daar vir jou ook ’n prins.

Watter tyd van die dag skryf jy op jou beste?

Ek skryf soggens van 09:00 tot 12:00 en smiddae van 15:00 tot 17:00. Ek is ’n stadige skrywer sonder huishulp. Soms is inkopie doen onvermydelik, maar dit is die realiteit van die lewe. Ek en my man drink soggens en smiddae nog eers saam tee en koffie.

Enige wyse woorde vir voornemende skrywers?

Glo in jouself. Moenie jou met ander skrywers vergelyk nie, beplan jou skryfwerk soos dit jou pas. Mens moet gebalanseerd lewe.

 

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s