Die nomineerders agter die Ridders

Ons almal ken die Ridders! Oe la la. Romanza gesels vlugtig met van die nomineerders wat ons Ridders genomineer het.

Suzanne

Mariska Leibbrandt het vir Sean Tucker, ons Romanza Ridder-wenner, genomineer

Beroep: Principal Operations Analyst

Woon: Centurion

Stokperdjies: Lees, foto’s neem

Hoe het jy van die kompetisie gehoor?  Ek lees die Romanza-boeke en het ook so die Romanza-app op my selfoon.

Wie is jou gunsteling- Romanza-skrywer?

Dina Botha en Madelie Human

Sal jy die Romanza lees wat met Sean as voorbladheld?

Ek sien graag uit na daardie een. Sal graag wil weet hoe die skrywer hom gaan gebruik.

Watter eienskappe maak van Sean ’n ridder?

Hy is aantreklik, maar dit verander nie sy persoonlikheid nie. Hy is nog steeds met altwee sy voete op die aarde.

Hoe het jy reageer toe jy hoor, Sean het gewen? Was baie bly. En kan nie wag vir al my nuwe Romanza boeke nie.

Met Sean as wenner, ontvang jy ‘n jaarsebskripsie tot Romanza-klub. Sien jy uitdaarna?  Baie, net nie seker oor watter ek nou moet koop en watter nie.

cather

Catherine Willemse het vir Ettiene Willemse genomineer

ettiene_low_res

Vertel ons ’n bietjie meer oor jouself?

Ek is Catherine Willemse, Ettienne se vrou. Ons is net meer as ’n jaar gelede getroud.

Beroep: Ek is ’n projek-koördineerder vir ’n events en promotions maatskappy.

Stad: Kaapstad

Stokperdjies: Ek hou van draf en stap. Om in Kaapstad maak dit maklik om aktief te bly, want hier is so baie mooi plekke om te sien.

images

Hoe het jy gehoor van die kompetisie?

Ettienne se ma het vir my ’n skakel van die kompetisie op Facebook gestuur. Ek het die Facebook-blad gelike en ’n bietjie meer daaroor op die Romanza-webwerf gelees.Ek het besluit om Ettienne in te skryf.

Watter eienskappe maak van Ettiene ’n ridder?

Hy is ’n ware gentleman. Hy behandel elke vrou met respek, of hy haar ken of nie. Hy het ’n groot hart en is ’n baie positiewe persoon.

Hoe het jy reageer toe jy hoor hy is die naaswenner?

Ek was baie trots op hom. Hy het die kompetisie geniet en ek is opgewonde om die Romanza-kalender te sien.

sonelle

Sonelle van Wyk het vir Jaco Venter genomineer. Sonelle is ’n grafies ontwerper en fotograaf wat in Pretoria woon. Sy hou van draf, foto’s neem en is die trotse ma van ses pragtige hondekinders. 

jaco_low_res

 

 

Hoe het jy van die kompetisie gehoor?

By my werk gehoor :p

Watter eienskappe maak van Jaco ’n ridder?

Hy het ’n hart van goud en die looks.

Hoe het jy reageer toe jy hoor Jaco is in die top drie?

Ek was baie bly maar nie verbaas nie🙂

mariska

Suzanne Theron het vir ridder Alwyn Riekert genomineer.

alwyn_low_res

Beroep: Onderwyseres

Woon: Riversdal

Stokperdjies: Ek hou van enig iets in die natuur, oefening, stap, en ook lekker braai saam met vriende en familie.

Troeteldiere: Geen, want my huurkontrak laat dit nie toe nie, maar ek is baie lief vir diere. As kind het ons Cocker Spaniels gehad.

Hoe het jy van die kompetisie gehoor?

Alwyn het my daarvan vertel en op Facebook gewys.

Wie is jou gunsteling- Romanza-skrywer?

Ek het nie regtig ’n gunsteling nie.

 

Watter eienskappe maak van Alwyn ’n ridder?

Alwyn is my kêrel, so hy is my perfekte ridder. Hy het die beste maniere en dit is goed wat vandag saak maak. Dit is skaars dat ’n man ’n blommetjie in die tuin vir jou pluk of jou eerste by ’n deur laat in stap, so dit is goed wat vir my spesiaal is. Hy respekteer my en leef soos ’n kind van God, dit is vir my as Christen ook baie belangrik.

Hoe het jy reageer toe jy hoor Alwyn  is in die top ses?

As ek die slang kan gebruik: “Ek het uit gefreak!” Ek het eintlik daarvan vergeet en ek was baie opgewonde! Ek het dadelik ’n vriendin in die Kaap gebel om te reël dat ons die naweek daar kan bly dat hy heen en weer kan vlieg. Ek was ook baie teleurgesteld toe hy nie een van die top drie was nie, maar die ondervinding was vir hom die moeite werd.

 

 

 

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s