IN GESPREK MET RIKA DU PLESSIS

Ek sal die gelukkigste persoon in die wêreld wees as …

Dit vir my gegun word om eendag saam met my man ons aftrede te kan geniet.

Liefde is soos…

Kondensmelk − nooit ’n bitter woord oor jou lippe nie.

3734841

As ek verveeld is …

Kry ek skielik ’n briljante idee vir ’n nuwe storie.

Vrede omring my as…

Ek rustig saam met my man en my hondjie verkeer.

Watse verrassings is in jou handsak?

Gewone vroulike dinge, maar ook ’n skokstok vir bietjie gemoedsrus.

 Vir wie sal jy jou laaste dans wil spaar? Hoekom?

Vir die liefde in my lewe, my man, want hy verdien dit.

Wat was die beste raad wat jy oor skryf ontvang het en van wie?  

’n Redigeerder van ’n uitgewersmaatskappy het eendag vir my gesê: “As jy ’n storie in jou kop het, skryf hom neer, moenie eers bekommer oor taalgebruik, sinskonstruksies en al daardie regte dinge nie, want dit briek die vlot verloop van jou verhaal. En wanneer jy klaar is, dan begin skryf jy jou verhaal vanuit daardie raamwerk mét al daardie regte dinge vervleg”.

skrywer-besig1

Hoekom het jy juis die romanse as genre gekies?

Omdat opregte liefde tussen man en vrou in my opinie alle struikelblokke behoort te kan oorkom, en omdat liefde jou die soetste drome helder oordag kan laat droom.

Jy is ’n baie produktiewe skrywer. Wat is jou daaglikse roetine?  

Nie een dag is dieselfde nie, ek vat dit soos dit kom, maar daar is wel die dae wanneer ek opstaan en net eenvoudig weet, vandag is dit heeldag net ek en my rekenaar, die res van die huisdinge moet terugstaan. Ek skryf egter nooit wanneer my man by die huis is nie, dan is my tyd syne. Dan is daar ook die kere wat ek soms in die na-nagure stil van die bed afgly en rekenaar toe sluip met woorde in my kop wat nie wil wag om geskryf te word nie.

Wie/wat beïnvloed jou skryfstyl?  

Die alledaagsheid van die meeste mense rondom my, hul taalgebruik en optrede, plein en eenvoudig sonder hoogdrawendheid.

Beplan jy jou romanse of vat die karakters maar eie inisiatief?  

Ek beplan die kern van my romanse asook die meeste karakters, maar daar dop so dan en wan een uit wat sy/haar eie pad wil volg wat my nogal soms laat skuins opkyk.

Wat is jou grootste uitdaging wanneer jy ’n romanse skryf?  

Om die konflik tussen die hoofkarakters lewendig te probeer behou.

Die ruimte in jou romanses is meestal klein dorpies of plase. Het hierdie soort ruimtes spesiale betekenis vir jou?   

Ja, ek het as plaaskind grootgeword, was selfs in die begin in twee verskillende plaasskole naby klein Bolandse dorpies.

Watter tyd van die dag skryf jy op jou beste?  

Vroeg in die oggend, en ook soms baie laat in die nag. Die middelste deel van die dag is my kop met huisdinge besig.

Enige wyse woorde of skrywersgeheime vir voornemende skrywers?  

Dieselfde raad wat vir my gegee is : Skryf die hele verhaal wat jy  in jou kop het neer, en daarna skaaf jy aan hoe dit moet aangebied word.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s