Tussen jazz en rock se Sanet

Sanet en Jak het sewe jaar gelede verlief geraak. Nou verskyn hulle liefdesverhaal (en hul match maker Martha s’n) weer in Elsa Winckler se jongste omnibus, LIEFDE LANGS DIE EERSTERIVIER. Sanet tree buite die omslag en gesels met ons.  

Hoe reageer jy nou as terug dink aan jy en Jak se meet cute?

*bloos* – Sjoe. Ek raak sommer weer kortasem wanneer ek terugdink aan die neefs se ‘ontkleedans’. Alhoewel ek net een spesifieke paar boudjies onthou … uhm, wat was jou vraag nou weer?

Dit is sewe jaar sedert jy en Jak ontmoet het. Hoe gaan dit met julle verhouding? Was hierdie julle sewe maer of sewe vet jare?

Ek en Jak het albei baie bepaalde idees so dis nie asof ons nooit koppe stamp nie, maar dit was beslis vet jare. Ons het ook ’n krulkopseuntjie ryker geword, Pieter. Hy het sy oupa se naam. Darcy en Lizzie is mal oor die nuwe lid van ons gesin.

1f275e9be833ed1c6deef77c2f62bcb1

Wat het deur jou gedagtes gegaan toe jy Jak die eerste keer in jou klas oplet?

Ek glo dit nie! Dit was die eerste ding wat deur my kop gegaan het. Ek bedoel, wat is die kans? Maar daar sit hy, lewensgroot en al waaraan ek kon dink, is sy gespierde kaal bolyf wat ritmies saam met die musiek beweeg! Hou nou jou ‘pose’ in ’n klas vol studente as dít deur jou kop gaan🙂

Hoe gaan dit met jul honde, Darcy en Lizzie?

Darcy raak nou oud en beweeg stadig, maar dit gaan goed met hom. Lizzie gee hom al sy dae, maar hy geniet elke oomblik daarvan!

Is Lisa se klavier steeds julle song? Hoe gereeld dans julle op die maat van hierdie song?

Dit sal altyd ‘ons’ song bly. Jak gryp my gewoonlik vir ’n dans wanneer ons vassit oor iets om vir my te wys, daar is ander, belangriker dinge waaroor ons wel saamstem. Dit is, terloops, ook die enigste song wat klein Pieter laat ophou huil🙂

 

Wat was die grootste les wat jy tydens jul courtship geleer het?

Dat die liefde alles oorwin. Ek en Jak is in baie opsigte so verskillend, maar omdat ons lief is vir mekaar, maak die res nie saak nie.

Jak is aan die woord

Wat het deur jou gedagtes gegaan toe jy besef Sanet is jou Engelse dosent?

Ek was totaal verstom. Ek het nie eens geweet sy’s ’n dosent nie, wat nog te sê ’n dosent by Departement Engels. Die res van my gedagtes kan ek beslis nie met iemand anders deel nie.

Doen jy nog, na sewe jaar, ’n stripshow vir Sanet?

*maak keelskoon* Ek het nog my oorpak − beantwoord dit jou vraag?

Het jy al vir Martha bedank vir die groot guns wat sy jou bewys het deur jou te vra om te strip by Pippa se kombuistee?

’n Mens moenie vir Martha in haar streke aanmoedig nie, maar ja, ek het haar bedank. Ek moes. Daardie dag was die begin van die res van my lewe.

i-blame-mr-darcy-for-my-high-expectations-of-men-6

Jak stem nie saam nie!

Hoe gereeld gaan steek jy nog by Mr Darcy kers op, wanneer jy en Sanet woorde wissel?

Nee, o aarde, die man is darem heeltemal te styf vir my. Ek het sy raad gevolg en ’n brief geskryf, maar op die stadium kan ek vir hom eerder raad gee!

3 thoughts on “Tussen jazz en rock se Sanet

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s