Dina Botha: ’n Romanza-lesersgunsteling.

Dina Botha het 48 Romanzas agter haar naam en haar derde Kaapse romanse, Stem in die wind het ook verskyn. 

Dina Botha Augustus 2013

As skrywer is jy baie produktief. Wat is jou daaglikse roetine?

Ek het twee skoolgaande kinders en ek vat hulle skool toe. Dan gaan ek na my plaaslike Spar en sit daar twee uur en werk aan die manuskrip waarmee ek besig is. Ek sit in my Spar-kafee en daar tussen die lawaai en die kosreuke skryf ek op my beste. Daar kan ek amper twee uur se produktiewe skryfwerk inkry, maar dis vroeg in die oggend. Daarna gaan ek huis toe om te gaan skryf tot halftwee in die middag, dan is ek basies klaar vir die dag.

Jy het jou vinnigste storie in drie weke geskryf. Het jy al daarop verbeter?

Dit was eintlik vinniger. Die storie was klaar in my kop, ek moes dit net skryf. Nee, ek kon nog nie weer daarop verbeter nie.

Dina se jongste boeke, nou by LAPA Uitgewers beskikbaar.

As jy ’n onderhoud met ’n ander skrywer kan voer, wie sal dit wees? Hoekom?

Stephen King. My liefde vir lees het by Stephen King begin. Sy brein moet baie interessant wees. Ook Ena Murray. Ek het een keer gelees dat sy in ’n ouetehuis in Mosselbaai is en een keer toe ek daar met vakansie was, wou ek gaan hallo sê, maar dit sou stalking wees.

In volgende lewe wil jy … wees

Skrywer. As ek weet wat ek nou weet, wil ek op agtien begin skryf.

Plakkaat_Dina Botha_Moot bib_17 Februarie 2016

As jy in Pretoria woon, kom kuier gerus saam met Dina!

Wat gaan  jy doen om hierdie mylpaal te vier?

Haha, ek is te moeg  om aan ’n partytjie te dink. Ek dink ek gaan dit net beskeie en met dankbaarheid laat verbygaan. Maar dis seker nie wat jy wil hoor nie. Kom ons sê maar: ek gaan dit saam met my dogters vier wat so geduldig met hulle ma se skryfnukke en -giere saamleef. Dalk ’n sjampanje-ontbyt of so iets.

Hoe wil jy binne die volgende vyf jaar op jou sukses verbeter?

Wat die volgende vyf jaar betref: Dis eerder ’n wens vir myself. Ek hoop ek bly kreatief en gemotifeerd genoeg om aan te hou skryf. Ek sou graag ten minste ses Romanzas per jaar wil uitgee. En dalk een of twee enkeltitels tussen in.

direkte4

Hierdie is Dina se jongste Kaapse romanse.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s