Februarie se boeke is hier!

Die jongste boeke is hier om jou week op te kikker!

Die rooikop se lot – Dina Botha

Karlien trek die kortste lootjie van die verpleegsters by die kliniek. Nou moet sý die befoeterde man met die gebreekte been in kamer sestien versorg. En hy is moeilik! Maar ook so aantreklik …

direkte

Teen haar beterwete – Marilé Cloete

Jossie Tredoux is ʼn dominee wat haar nie deur konvensies aan bande laat lê nie. Die streng nuwe skoolhoof se manier van doen bots met haar spontane benadering. Maar hy het ʼn swakplek: sy seuntjie Denzil, die appel van sy oog.

Van altyd af – Karen de Villiers

Lindie en Adam het langs mekaar grootgeword. Nou is hulle volwasse en woon in dieselfde huis. Hulle is soos broer en suster, maar ’n vakansie in Marokko verander alles. Sal Adam Lindie se hart kan verower?

direkte3

Testament van liefde – Corne van Rooyen

Xandri en Anton trou om hul peetkinders standvastigheid te gee nadat die kinders se ouers vermis word tydens ’n tsoenami. Xandri is al jare verlief op Anton en dit word steeds moeiliker om haar gevoelens vir hom weg te steek.

Stem in die wind – Dina Botha

direkte4

 

Alexandra Bonheur se kommervrye lewe aan die Kaap word bedreig deur die koms van die markies Edouard de Villebois en sy pleegkind, Antonio.  Sy vind dadelik aanklank by die sewentienjarige Antonio.  Hulle raak goed bevriend maar dit dra nie die goedkeuring van die markies weg nie. Die markies se houding staan haar nie aan nie en keer op keer verontagsaam sy sy waarskuwing om van Antonio af weg te bly. Dit skep heelwat konflik tussen haar en die markies.

Om sake te vererger sien ’n ou Maleier-blommeverkoper en waarsêer ’n  visioen in Alexandra se hand: ’n  Vrou met lang swart hare sê Alexandra moet haar ander helfte soek en dat sy die stem in die wind moet toelaat om haar te lei …

Intussen dui die aantreklike markies aan dat hy self in Alexandra belangstel, maar dit sluit nie ’n huwelik in nie.  Hy maak haar ’n aanbod om sy minnares te word, wat sy summier verwerp. Dan herken hy die borsspeld wat sy op haar agtiende verjaarsdag dra en ontsluit só haar duistere verlede waarin beide hy en Antonio ’n groot rol speel.

LIEFDE LANGS DIE EERSTERIVIER – Elsa Winckler

direkte2

Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Elsa Winckler se vorige Romanzas, Tussen jazz en rock, Anderkant liefhê en Sonder bagasie.

Tussen jazz en rock:

Sanet se hart klop vinniger as sy naby Jak kom, maar na ’n vorige verhouding waartydens sy baie van haarself moes prysgee, is sy baie versigtig.

Jak se belangstellings en hare is so uiteenlopend dat sy nie kan sien hoe ’n verhouding tussen hulle kan werk nie.

Anderkant liefhê:

Martha en Hans ken mekaar al lankal, maar die laaste paar maande is hulle gereeld in mekaar se geselskap gegooi, meestal in ’n poging om hulle vriende bymekaar te kry. Hans is nie heeltemal seker wat om met Martha te doen nie: sy is heeltemal te loud vir hom, het vreemde skilderye teen haar mure en het sowaar ’n rooi bank. Die enigste manier om haar stil te kry, is om haar te soen. Die enigste probleem is nou dat hy aan niks anders kan dink nie. Martha het al seergekry en wil hierdie keer die sprokie met die prins hê, beslis nie ’n man wat nie kan besluit of hy haar wil soen of nie.

Sonder bagasie:

Lisa het haar lewe baie netjies uitgewerk. Sy hou van lysies maak, van dinge op hulle plek hê al probeer haar drie susters gereeld om haar lewe deurmekaar te krap. Sy is ’n ouditeur en sy verstaan syfers in netjiese rye. Die nuwe besturende direkteur by die firma het ’n hond, sy huis is deurmekaar en hy maak haar deurmekaar. Hy het nou wel ’n BMW-motorfiets wat haar hart vinniger laat klop, maar sy het haar eie Harley Davidson. Sy kom dus heeltemal goed oor die weg so op haar eie, maar Peet keer haar wêreld om.

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s