’n Nuwe era van ridderlikheid

5354_Romanza Ridder_ Online Banner_Facebook_ 1200x628_v2_ks_2016011

Daar was ’n tyd toe mens ’n ridder so te sê agter elke bos kon uitskop. ’n Dame het skaars voor ’n plas water in die pad te staan gekom of ’n galante heer het reeds sy baadjie oor die poeletjie neergelê. Maar die tye het verander. Moderne dames het waterdigte skoene en ridders op wit perde is bloot net onprakties. Dit beteken egter nie dat die skoner geslag nie steeds na só ’n man hunker nie.

 Dís waarom LAPA Uitgewers ’n soektog van stapel stuur om ’n ridder te vind. ’n Moderne ridder, bygesê. Hierdie Ridder het ’n hart van goud, ’n six-pack van staal, en kan enige vrou laat swymel met beide sy looks en sy persoonlikheid. 

Die publiek word uitgenooi om mans wat aan hierdie beskrywing voldoen, as die Romanza Ridder te nomineer. (Mans kan hulself ook nomineer, natuurlik!) Daar is groot pryse op die spel, insluitend R15 000 vir die galante heer wat met die titel wegstap. Nomineer jou ridder by http://www.romanzaridder.co.za/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s