LAPA gesels met Bets Smith: Deel 1

Ons gesels met Bets Smith en leer ken die vrou agter die pen!

Bets Smith

Ek sal die gelukkigste persoon in die wêreld wees as …

As daar minder geweld en gruweldade teen mens en dier was; as meer mense naasteliefde ten volle uitgeleef het; as daar vir almal genoeg was om van te leef; en natuurlik, as mens van al die lekkerste kos kon eet soveel as wat mens wil sonder om te bekommer oor die vetrolletjies en hartaanvalle. Maar as dit so lekker op aarde is, sal niemand meer uitsien na die hemel nie, né?

Liefde is soos …

Suurstof: daarsonder kan geen mens oorleef nie.

Ek’s niks as dit nie was …

Vir my liewe man wat my voete op die aarde hou en my kalmeer wanneer ek oor sothede paniekerig wil raak nie. Die Goeie Vader het geweet presies wat ek nodig het toe Hy hom vir my uitgesoek het.

As ek verveeld is …

(Wat nog nooit gebeur het nie) sal ek ’n nuwe storie uitdink. Daar was nog nooit tyd of geleentheid om verveeld te wees nie. Maar verveling is natuurlik nie voorwaarde vir die groei van ’n nuwe storie nie.

Vrede omring my …

Wanneer ek in die veld stap, en wanneer ek en my man op ons huis se stoep sit en luister na die voëls wat mekaar roep. Ook wanneer ons by Victoriabaai oor die see kan uitkyk en die dolfyne in die deining sien speel. Eintlik as ons enige plek in die natuur is. En natuurlik as my kinders en kleinkinders by ons is. Om die waarheid te sê omring vrede my op enige plek waar ek tussen my mense is.

Ek kan regtig leef sonder …

Die televisie. En natuurlik sonder misdadigers. As ek regtig moet, ook sonder sjokolade.

Niks, ek herhaal niks, kom tussen my en my …

Nuutste storie nie. Dit bly by my as ek kos maak, as ek gaan stap, as ek in die ry staan by die bank, VERAL as ek in ’n vergadering sit … werklik orals.

My trooskos is …

Geelperskes. En papinos. En Mangoes. Vreemd genoeg nie sjokolade nie, want binne ’n halfuur is my bloedsuiker so deurmekaar dat ek net wil omkap – en ek is nie eens ’n diabeet nie!

My droomhuis is …

Die huis waarin ons tans bly: Ons het baie lank daarvan gedroom, die planne self opgetrek, eienaar-bouer gespeel, elke dag die bouwerk geïnspekteer,  alles buite en binne self gekies en gekoop. En boonop staan ons huis op ’n redelike veilige plek (is daar enige 100% veilige plek?) omring van die natuur.

Ek’s bygelowig oor …

Niks. Sinies oor die meeste dinge, maar nie bygelowig oor enigiets nie.

Wat’s jou gunstelingwoord?

Daar is te veel om te noem. Miskien tog een: vakansie (aangesien ek nog voldag onderwyser is).

27502624

Waar wil jy op vakansie gaan?

’n Maklike keuse: Victoriabaai. Ek wil wel reis en baie ander plekke sien, maar dis nie vakansie nie. Vakansie is rus, en dis sinoniem met Victoriabaai.

Watse verrassings is in jou beursie?

Meestal slegte verrassings: Dis leeg. Of heeltemal weg (m.a.w. op ’n plek waar ek nie op daardie oomblik sou dink om te soek nie). Net BAIE af en toe is daar ’n lekker verrassing: meer geld in as wat ek gedink het daar is.

BjJa6D3CEAA2xlo

*Lees volgende Dinsdag LAPA gesels met Bets Smith: Deel 2

One thought on “LAPA gesels met Bets Smith: Deel 1

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s