Kristel Loots aan die woord

Kristel Loots se boek, Sjokoladesoene, is sopas herdruk. Ons gesels met haar.

Sjokoladesoene (2de Uitgawe)

Ek sal die gelukkigste persoon in die wêreld wees as:

Die wense wat ek vir myself wens gesif kan word en net die wat vir my goed sal wees om te verwesenlik, waar sal kom.

Liefde is soos ’n boks …

Vol oorskietwolletjies wat deur ’n spelerige kat beetgekry is. It’s complicated en moeilik om te ontrafel.

Ek’s niks as …

Dit nie was vir die Groot Genade nie. En my deurmekaar huis, wat ’n nommerpas holte vir my voet is.

kristel-loots-11

As ek verveeld is …

Vervies ek my vir myself. Life is short, use it well.

Vrede omring my as

Dit met my kinders goed gaan.

Waar wil jy op vakansie gaan?

Nie te ver van my comfort zone af nie, asseblief. Ek is ’n gewoontedier en eintlik maar ietwat van ’n huishen.

Watse verrassings is in jou beursie?

’n Half onwettige ekstra biblioteekkaartjie sodat ek baie boeke op `n slag kan uitneem.

Ek kan regtig leef sonder

Skoene, dink ek.

Niks, ek herhaal niks, kom tussen my

En my spesiale slaapkussing nie.

Wat’s jou gunstelingwoord?

Normaal. Normaal kan baie boring wees, ek weet. Maar sekere dinge moet asseblief tog liefs normaal wees. Dinge by die huis. Jou gewig! Jou koors. Cholesterol. Hartklop en bloeddruk. Die manewales wat jou rekenaar uithaal. Die weer en die wisselkoers. Die geluide wat jou motor maak. Jou slaapgewoontes. Daardie tipe van ding.

9780624074700 - Ander Vrou se Rok KEUSE

Kristel se jongste boek by NB Uitgewers

My trooskos

Is ietsie soets … en ietsie souts … en gooi dalk maar ietsie suurs ook by.

Wie is jou drie gunstelingskrywers?

Jilly Cooper in haar ouer boeke en Marian Keyes. Ek huiwer om ’n Suid-Afrikaanse skrywer uit te sonder. Enigiemand wat ’n storie skryf wat ‘waar’ klink.

As jy drie mense na ete sou nooi (lewend of dood), wie sal dit wees.

Drie mense wat tevrede sal wees met Kentucky vir middag- of aandete. En na ete sal aanbied om die skottelgoed vir my te was.

Watter boeke kan jy herhaaldelike lees?

O nee! Te veel boeke, te min tyd.

Werk jy tans aan ’n boek?

Altyd.

Waar is die vreemdste plek waar jy al ooit geskryf het?

In die kerk. Tydens die diens toe ’n ‘briljante’ (!) idee by my opkom. (Ekskuus Dominee! Dit was net gou-gou.)

As jy vir ’n dag as ’n ander bekende skrywer kan leef, watter skrywer sal dit wees? En hoekom?

Een van die rykes. Om gou ’n oorplasing na my eie werklike lewe-rekening deur te voer.

As jy nie ’n skrywer was nie, sou jy …

Lekker gefrustreerd wees!

In jou volgende lewe sal jy …

Graag ’n kloon van myself wil wees, net bietjie mooier. En baie maerder. En lang, blonde hare sal ’n bonus wees, o goeie fee!

Vertel van jou skryfproses? Het jy ‘n vaste roetine of skryf jy organies?

Flentertjies en gedagtes wat my deur die loop van die dag te binne skiet, word op allerhande papiertjies neergepen. Om te herskeduleer vir herwinning. En ek gaan in ’n ‘flat spin’ en gooi ’n tantrum as daardie papiertjies soek raak.

Enige wyse woorde of skrywersgeheime vir voornemende skrywers?

Skryf is nie vir sissies nie, maar skryf sal altyd magic wees.

Wat was die hoogtepunt in jou skrywersloopbaan so ver?

ATKV-Veertjie vir Eendagmooi. Lekker!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s