Vars van die drukkers

Desember is ’n maand vir vakansie, familie en boeke. Tot jou vakansie aanbreek kan jy terug sit, ontspan en vir ’n paar uur van jou werklikheid  ontvlug.

Ryk en roekeloos – Dina Botha 

ryk en roekeloos_voorblad_high res

Bianka stem in om Liam se metgesel te wees by funksies nadat hy haar finansieel ondersteun het. Een afspraak raak egter twee en sy raak al hoe meer bewus van die man ágter die ryk en roekelose fasade.

Amper ’n bruid – Magdaleen Walters

amper 'n bruid_voorblad_high res

Wanneer ’n bedrogspul oopgevlek word, vlug Michelle se pa na Mosambiek. Haar verloofde, Toni, verbreek hul verlowing en Michelle is skielik haweloos. Ben neem haar onder sy vlerk in, maar hoe lank sal sy haar groeiende gevoelens vir hom kan wegsteek?

Bosveldroos  – Frieda van der Westhuizen

bosveldroos_voorblad_high res

Drie weke op ’n Bosveldplaas klink nie vir Sunella na ’n wonderlike vooruitsig nie. Drie weke sonder hoë hakke, sonder boetieks en nagklubs. En dít in die irriterende Steyn Schoeman se geselskap.

Wintersprokie – Frenette van Wyk

wintersprokie_voorblad_high res

Kristien vergesel vir Derek Rubenstein en sy gesin na Switserland om ’n Kersfeesartikel vir haar werk te skryf. In ’n berghuis ontdek sy die rede vir Derek se antagonisme jeens Kerstyd en kan hulle sprokie as ’n paartjie uiteindelik begin.

SJOKOLADESOENE – Kristel Loots

Sjokoladesoene (2de Uitgawe)

Jessie Jansen weet sy het haarself as vrou die afgelope tyd verwaarloos. Nee, meer nog, sy vergryp haar gruwelik aan soetgoed. Sjokolade.

Maar sjokolade, weet sy, maak daardie gat in haar toe. Die gat wat Andries gelos het toe hy met die jong dingetjie weg is. So oud soos haar kind.

Maar Bruno Baumann sien haar in die supermark raak. Dink sy pas perfek in hulle reklameveldtog vir nuwe onderklere – die gewone vrou wat ander kan laat verstaan dat hulle tog sensueel is. Mooi en maer ofte nie.

Net, Jessie is vir hom beeldskoon. Maar sy het genoeg bagasie om ’n man te laat verbyhou. Hy sal hom liewer vermaak met die jong dollas wie se foto’s hy in sy beursie hou.

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s