Ons gesels met Madelein Stoltz

Madelein Stoltz se eerste Romanza, Troukoors, het pas verskyn. Ons leer ken die vrou agter die pen. 

Madelein Stoltz

Koffie of tee?

Tee

Wyn of sap?

Droë witwyn

images (1)

Beroep:

Ek skryf nou voltyds, is huisvrou en gaan vanaf middel November bedags na my kleindogter wat 23 Julie gebore is kyk tot sy groot genoeg is om kleuterskool toe te gaan. En skryf.

Woon in:

Doornpoort, Pretoria, maar ’n gebore Oos Kapenaar

Stokperdjies:

Lees, ek hou van fliek en koffiewinkels, kry een keer ’n jaar ’n gier om in die tuin te krap

Troeteldiere:

Twee honde: Sandy ’n Jack Russell en Jack, ’n Shar-Pei

Jy eerste romanse  pas verskyn. Vertel ons bietjie die storie: het jy ʼn oproep of ʼn e-pos gekry? Hoe het jy gevoel? Wat het jy gedoen om die geleentheid te vier?

troukoors_voorblad_high res

Ek het ’n e-pos gekry en het lus gevoel om myself te knyp, toe brand die trane en bel ek my man en my ma. Ek het baie dankbaar gevoel omdat die uitgewer die manuskrip wou publiseer. Ons het gaan uiteet, want ek was ’n nul op ’n kontrak vir die res van die dag. Ek dink ek sou die kos verbrand het. My arme man.

Waar sonder kan jy nie leef nie?

My gesin, boeke

 

Wie is jou drie gunstelingskrywers?

Philippa Gregory

Kristel Loots

Johanna Lindsey

As jy drie mense na ete sou nooi (lewend of dood), wie sal dit wees?

My oorlede oupa Jack, want ek was baie lief vir hom en was sy witbroodjie kleintyd.

My ma, want ek sien haar te min. Sy woon in Despatch en naweke op hulle plaas naby Kirkwood

Gerard Butler, want hy lyk soos die perfekte held om in ’n romanse te beskryf

Gerard-Butler-gerard-butler-23583804-683-882

Watter boeke kan jy herhaaldelike lees?

Liefdesverhale

Werk jy tans aan ‘n boek?

Ek het die slothoofstuk geskryf van ’n romanse, moet nog net paar keer deur manuskrip lees en verander waar nodig en nog op ’n titel besluit

As jy vir ‘n dag as ‘n ander bekende skrywer kan leef, watter skrywer sal dit wees? En hoekom?

Kristel Loots. Ek dink sy is ’n pragtige mens met ’n borrelende geaardheid en sy bly in die Kaap.

kristel-loots-11

Waarom romanse-genre? Is dit een van jou gunstelinggenre?

Ek geniet romanses, lees Afrikaans en Engels, dis ontspannend en natuurlik lekker romanties, maar ek lees baie ander tipe boeke ook. Dit is heerlik om ’n romanse te skryf en die storie saam met die heldin te beleef

Watter boek/e is op die oomblik op jou bedkassie?

Ek slaap met ’n vol glas water langs my en hou eerder nie meer boeke wat kan beskadig op my bedkassie nie

In jou volgende lewe sal jy graag ’n … wil wees?

Skrywer

images

Enige wyse woorde of skrywersgeheime vir voornemende skrywers?

Moenie tou opgooi nie, glo in jouself en as jy vashaak, los die manuskrip en doen iets anders. Lees ’n skryfgids of lekker verhaal. Môreoggend skryf jy verder en as jy twyfel oor ’n toneel, vee dit uit. Moet nooit ’n keurdersbrief persoonlik opneem as jou verhaal aan flarde geskeur word nie. Leer uit jou foute. Hou van jou hoofkarakters, skep ’n toneel, kan ’n eerste ontmoeting wees en laat hulle persoonlikhede jou lei. Die res volg vanself met baie kopkrap tussenin. As die verhaal nie vlot vorder nie, verander eerder die begin van die storie na waar dit lekker begin skryf. Mens wil nie iemand anders grensloos verveel nie. Keurders is baie streng en wees voorbereid die antwoord kan baie lang maande neem.

 

One thought on “Ons gesels met Madelein Stoltz

  1. kristelloots says:

    Liewe aarde, ek bloooooos allerverskrikliks. Of so nie is die rosige gelaat toe te skryf daaraan dat ek pienk van plesierigheid is. Baie dankie vir jou kompliment(e). Maar ek waarsku darem dat daar regtig geen beduidenis van vlerke hier by my rond is nie, hoor. Al wat ek kan dink is dat jy een of ander tyd Despatch se waters gedrink het. Daar is iets baie spesiaals aan mense wat enigsins `n ‘bond’ met my grootworddorp het. Lekker skryf. Hoe sê Nataniel? Ek watch jou!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s