Chanette Paul gesels

_MG_5076Waar is die vreemdste plek waar jy al ooit geskryf het?

Ek het afsondering nodig wanneer ek amptelik, dit wil sê op die rekenaar, skryf. Ek het al op eienaardige plekke beland in my soektog na afsondering, maar skryf beteken nie net op die rekenaar werk nie. Mens “skryf” eintlik 24/7 as ʼn storie eers begin vorm aanneem. En daardie soort “skryf”  gebeur enige plek, enige tyd. Ek het al ʼn eureka-oomblik gehad in ʼn pub terwyl ek rugby aan die kyk was, opgespring en yes! geskree terwyl my span aan die verloor was en niemand punte aangeteken het nie. Daar was ʼn paar baie eienaardige kyke na my kant toe. Hoe verduidelik ek dat ek ʼn storieprobleem opgelos het? ʼn Mens se storiekop steur hom nie aan waar jou regte kop is nie.

 As jy nie ’n skrywer was nie, sou jy … wees?

Van my verstand af?  ☺ Skryf gee my juis die geleentheid om enigiets te wees wat ek nog altyd wou gewees het. Die lys van beroepe wat my interesseer is lank. Argeoloog, argitek, sielkundige, mariene-ekoloog, privaatspeurder, forensiese linguis, fotograaf, skilder, brandglaskunstenaar, uitgewer … Dis maar goed ek kan dit in my stories word, ek sou waarskynlik ʼn paar van die beroepe nie oorleef het nie.

 Wat was die beste raad wat jy oor geskryf gekry het en van wie?

Write what you love and love what you write. Ek dink dit was Nora Roberts wat dit gesê het. ʼn Mens moet uit jou hart en siel uit skryf, sonder om jou aan foefies en tendense en resensente se opinies te steur.

download

Wat was die moeilikste aspek vir die skryf van hierdie boek, en hoekom?

In die maand wat ek in België deurgebring het, het ek nie geskryf nie – net geabsorbeer. Toe ek wel begin skryf, moes ek my die heeltyd probeer indink hoe België voel, hoe die mense daar is, hoe die Belgiese karakters in my boek Suid-Afrikaners sal sien, ook hoe hulle belewing van die wêreld is en ʼn magdom ander dinge.

Dit was vir my ook baie moeilik om my in Caz se situasie in te dink. Hoe dit sou voel om op byna drie en vyftig uit te vind wat sy uitvind, oorkom wat sy oorkom. Of om ʼn dogter soos Lilah te hê. Offerlam gaan in ʼn groot mate oor moederskap en vir my wat kinderloos is, het dit nogal baie geverg om in goeie en slegte ma’s se koppe en harte te probeer klim.

Die navorsing, veral oor die Kongo in verskillende eras, was ook ʼn omvangryke taak en wou my soms onderkry.

 Jy het voorheen gesê dis nie inspirasie wat die verhaal aan die gang sit nie, maar dat daar wel prikkels is. Wat het Caz, die hoofkarakter in Offerlam, geprikkel?

Offerlam(Voorblad)

Caz se prikkels het uit verskillende oorde gekom. Ek is self ʼn aangenome kind, maar ek weet dit al vandat ek agt was. Ek het gewonder hoe dit moet wees om dit laat in jou lewe agter te kom.

Ons politieke situasie was ook ʼn prikkel wat tot vele aspekte in Caz se lewe aanleiding gegee het.

Eintlik was daar ʼn hele rits “sê nou net…”-vrae wat van Caz gemaak het wat sy is.

 Offerlam is jou een en veertigste boek. Wat was die hoogtepunt in jou skrywersloopbaan so ver?

Meer tasbare hoogtepunte is benoemings vir pryse en veral die drie Lekkerlit-pryse wat my boeke gewen het. Dis vir my ook ʼn groot hoogtepunt dat Offerlam in Vlaams en Engels vertaal word.

Elke boek wat op die rak kom, elke leser wat my boek geniet, is egter vir my soos ʼn wonderwerk. Die ware hoogtepunt (en voorreg) is bloot dat ek kan skryf en my boeke gelees word.

12036450_1655001224770143_8142809056215937244_n

Pieter Aspe is een van die groot krimiskrywers in België. En hier is hy met een van die groot krimiskrywers uit Suid-Afrika! Die Nederlandse vertaling van Chanette Paul se OFFERLAM word tans in België bekendgestel.

One thought on “Chanette Paul gesels

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s