VAN WAAR DIE INSPIRASIE: Fantasieman

Susan Olivier vertel die storie agter Fantasieman!

Fantasieman_voorblad_high res

‘n Ruk gelede het ek ‘n nuusartikel gelees oor studentemeisies wat  hul studiegeld betaal deur ‘n  verhouding met  welgestelde ouer mans aan te knoop.  Daar is ‘n bymekaarkomplek  waar die meisies aan die mans voorgestel word, en as die man belangstel, onderhou hy die meisie omtrent ten volle. Studiegeld, verblyf, geskenke, en ‘n toelaag per maand in meeste gevalle. Van die mans is natuurlik ook getroud en ironies genoeg beskou die meisies dit nie as prostitusie nie…

Die artikel het die storie vir my begin. Natuurlik kan my heldin nooit by so iets betrokke raak nie, maar dit was lekker om haar in die rol van ‘n spioen te sit, wat die geleentheid infiltreer.

Die resep moet altyd ‘n mooi man hê, en dit  was lekker om ‘n  fantasieman te skep. Hy is vrek aantreklik, skatryk en gelukkig plat op die aarde. Ek wou twee wêrelde bymekaar bring, en het dit gedoen deur die held wat  met die goue lepel gebore is, en die teenoorgestelde met die heldin wat ‘n sekerheidswag is, een van die beroepe waar  die werkers die minste betaal word. En so ‘n sprokie te skep met die uitsonderlike man wat verlief raak op die ‘eenvoudige’ meisie.  En dan  die ontnugtering wat volg  as hy agterkom sy is nie wie sy voorgee nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s