Ons gesels met Susan Olivier.

Susan Olivier is al tien jaar ‘n Romanza-skrywer. Ons leer ken die vrou agter die pen!

11255022_920309038015802_4623771348648113569_n

Koffie of tee?

Vrek oor my cappuccino in die oggend. Moet die dag begin met ek een.

download

Wyn of sap?

Wyn en wyn en vonkelwyn🙂 My seuns swot in Stellenbosch, hoe anders dan?

Wie is Susan Olivier as sy van haar skrywerstoel af opstaan?

Susan werk voltyds in regsfirma en geniet elk oomblik daarvan; sy kom terug na ‘n mooi  maar stil huis in Pretoria, want dis net sy en haar man. Die twee kinders doen hulle eie ding. Ek drink my glasie wyn en lees my boeke. Daar is meer boeke op my rak as wat ek in ‘n jaar kan klaar lees. Ek en my man loop naweke in winkelsentrums rond, of ek sit onder my sambreel buite in my tuin en lees boek.

sus

Susan in haar studeerkamer

Drie items waar sonder jy nie kan leef nie.

Boeke,

Boek en boeke. My idee van hemel is om heeldag te lees.

Wie is jou drie gunstelingskrywers?

PG du Plessis

Jo Nesbo,

Sophia Kapp.

Ek lees wyd, soos julle kan aflei van die skrywers.

14-Maart0004

Sophia Kapp

628x471

Die Noorse spanningsverhaalskrywer, Jo Nesbo

PGduPlessis

PG du Plessis

As jy drie mense na ete sou nooi (lewend of dood), wie sal dit wees.

Nataniel − ek vind hom ongelooflik vermaaklik

PG du Plessis. Briljante skrywer, interessante man en vol kwinkslae.

Rick Warren, ek sal baie by hom kan leer op ‘n geestelike vlak.

Wat was die beste raad wat jy oor geskryf ontvang het en van wie?

Kan nie iets uitsonder nie, lees heeltyd hieroor en kry gedurig goeie wenke.

Watter boeke kan jy herhaaldelike lees?

Bittermin, ‘n paar uitstekende liefdesverhale net om my te inspireer om aan die skryf te kom, maar te veel nuwes wat ek moet lees.

Werk jy tans aan ’n boek?

Ja. Nog nie ‘n titel nie, maar my volgende Romanza wat ek einde van die maand wil/moet instuur.

Waar is die vreemdste plek waar jy al ooit geskryf het?

In ‘n dokter se spreekkamer; in ‘n lang ry by die apteek of lisensiekantore= ek weet hoe om my tyd effektief te benut :-) en dit neem die frustrasie met die gewag weg.

Sal jy dit ooit oorweeg om ’n roman te skryf? Hoekom? Hoekom nie?

Ek sal verseker dit oorweeg, maar dis ‘n tegniek op sy eie, wat ek eers behoorlik moet ondersoek.

As jy vir ’n dag as ’n ander bekende skrywer kan leef, watter skrywer sal dit wees? En hoekom?

Nora Robets. Ek wil sien of sy deesdae van spookskrywers gebruik maak, want haar boeke is nie meer so briljant soos jare gelede nie.

NoraGarden

Nora Robets in haar tuin

As jy nie ’n skrywer was nie, sou jy … wees?

Wil nie eens aan die gedagte dink nie. Ek kan my lewe nie sonder skryf voorstel nie. Dis ‘n terapatiese, kreatiewe  en  opwindende proses.

In jou volgende lewe sal jy graag ’n … wil wees?

‘n Heldin in een  van my boeke wees🙂 Net nie seker watter een nie…

Waarom romanse-genre? Is dit een van jou gunstelinggenre?

Ek glo nie jy kan regtig effektief in die genre skryf, as jy dit nie lees en geniet nie.

Die heldinne in jou Romanzas is altyd ongelooflik sterk, beroepsvroue. Sien jy ’n deeltjie van jouself in hierdie heldinne?

Verseker. Dis die rol wat baie vrouens deesdae moet vul. In my werk is ek ook omring deur sterk vrouens, dis inspirerend en indrukwekkend.

Is dit die tipe leser wat jy ingedagte het as jy skryf?

Nie noodwendig nie. Ek besef die leser mag uit enige agtergrond kom. Dis meer omdat dit my bekende omgewing is, as noodwendig die leser s’n

Fantasieman is jou elfde Romanza. Wat is jou skryfproses? Het jy ‘n vaste roetine of skryf jy organies?

Fantasieman_voorblad_high res

Ek het nou eers ‘n vaste roetine vandat die kinders uit die huis is. Ek skryf vroegoggend en  deur die dag, maar nie later as nege nie. Ek het baie slaap nodig en ek haal my hoed af vir die skrywers wat twaalfuur of drie uur in die aand skryf

Ek maak my nie vas aan ‘n hoeveelheid woorde nie- sal my net frustreer want ek vorder te stadig.

Ek ry vroeg in die oggend kantoor toe, reeds ses uur en dan sit ek in die koffiewinkel oorkant my kantoor − met my cappacino − en skryf tot agtuur.

In die aande na werk, as ek die energie het, en dan die meeste oor naweke. Van vroegoggend af – ek is ‘n oggendmens. Gaan slaap egter nie later as nege in die aand.

Ek skryf dus enige oomblik wat ek kry- daar is altyd ‘n paar bladsye in my handsak, ek kan daaraan werk maak nie saak waar ek is nie.

Hoe lank neem dit jou om ’n Romanza te skryf?

Maklik ses maande.  Ek is pynlik krities oor my werk, skryf oor en oor en oor en sal dit nie vinnig instuur, behalwe as ek ‘n sperdatum het nie

Enige wyse woorde of skrywersgeheime vir voornemende skrywers?

Vat ‘n kans en stuur jou manuskrip in. Ek het, en myne was aanvaar.

Wat was die hoogtepunt in jou skrywersloopbaan so ver?

Sonder twyfel die e-pos van Cecilia Britz, toe sy bevestig dat sy my eerste manuskrip aanvaar het, dis nou al tien jaar gelede.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s