Die jongste boeke is hier!

Onbeplande soen  − Dina Botha

onbeplande soen_voorblad high res

Hoe gemaak as die ou aan wie jy verloof is nie wil aanvaar dis verby tussen julle nie en jou hart vinniger klop vir die oulike dokter op die dorp? Dis die dilemma waarmee Amoré Brink sit.

Fantasieman  − Susan Olivier

Fantasieman_voorblad_high res

Ilse Botha doen haarself voor as ’n werknemer van ’n luukse vakansieoord om vir haar niggie spesifieke bandopnames in die hande te kry. Maar sy loop haar vas in die aantreklike Anton Visagie.

Troukoors  − Madelein Stoltz

troukoors_voorblad_high res

Erika Bruwer en die wynboer Marno de Villiers ontmoet onder verdagte omstandighede. Dan vind sy uit dié man versprei skinderstories oor haar voorkoms. Sy sweer wraak en kry ’n makeover sodat hy sy woorde kan sluk.

Ritme van die nag  − Judy Troskie

ritme van die nag_voorblad_low res

Ná jare as broodwinner verruil Elli du Preez haar korporatiewe beroep vir die van huishoudster. ’n Man is ook nie weer welkom in haar lewe nie. Die aantreklike Dewald Botha maak dit egter moeilik om mans af te sweer.

Skuiling van die hart  − Vita du Preez

Skuiling van die hart voorblad

Om ’n dobbeltafel verpand Martienne Malherbe se pa haar vir honderd pond aan ’n Duitswester wat haar aan ’n swakkelingboer Herklaas Potgieter verkwansel.

Op sy plaas Donkerkrans word haar jong lewe ’n bitter beproewing terwyl Herklaas haar fisiek en emosioneel verrinneweer en sy donker geheim Martienne al dieper in ’n put van wanhoop intrek. Haar vernedering word boonop groter wanneer Herklaas ’n Hanskakie word.

Terwyl sy Boerekrygers aan kos en rusplek help, leer sy Rudolf Antonissen ken. Onverskrokke en sterk, maar vol deernis vir ’n vrou leer hy haar wat suiwer, volwasse liefde is en hoe ’n man met ’n vrou behoort te werk. Wanneer Martienne tot haar skok uitvind dat Rudolf die een is wat haar aan Herklaas verpand het, besluit Martienne dat sy haar pad vorentoe alleen sal stap. Sy en die kind wat sy dra – Herklaas of Rudolf s’n? – sal nooit weer aan ’n verraderlike man se genade uitgelewer wees nie.

Wanneer die Kakies Donkerkrans in puin lê, beland Martienne in die konsentrasiekamp in Irene. Hier voer sy daagliks ’n oorlewingstryd terwyl die doodsengel op vroue en kinders toeslaan en die kampinwoners die wrede behandeling van die Engelse en die Hanskakies moet verduur.

Ondanks al die swaarkry wat sy beleef, weier Martienne om moed te verloor en glo dat die einde van die oorlog vir haar en haar babadogter ’n nuwe begin sal beteken. Sal sy haar bitterheid kan oorwin sodat sy saam met die man vir wie haar liefde nog so vurig brand oor kan begin?

OFFERLAM  − Chanette Paul

Offerlam(Voorblad)

Verwerp deur haar man en skoonfamilie asook deur haar eie familie – juis toe sy hulle die nodigste gehad het – was dit vir Caz Colijn nie maklik om haar uitsonderlike dogter groot te kry nie.

Nou is Lilah egter ʼn suksesvolle internasionale model en kan Caz uiteindelik haar lewe lei soos sy wil – in afsondering op haar eie lappie Afrika in die Overberg. Hier het sy vir haar ʼn skuiling teen die lewe geskep waar sy haar vertaalwerk kan doen en uitsien na Lilah se jaarlikse besoeke.

ʼn Oproep van haar vervreemde suster, Tieneke, keer Caz se rustige lewe eensklaps op sy kop. Josefien Colijn, die vrou wat Caz haar lewe lank as haar ma geken het, is op sterwe. As Caz wil weet wie haar biologiese ouers is, moet sy Gent toe kom voor Josefien sterf.

Hierdie oproep maak ʼn tonnel na die verlede oop: na haar jeug onder Josefien se meedoënlose duim; na herinneringe aan haar kortstondige huwelik; na die nag waarop Lilah gebore is.

ʼn Inbraak beklink die saak. Caz gaan Gent toe. Deels om weg te kom van die misdaadmekka wat Suid-Afrika geword het, deels om uit te vind waarom sy deur haar biologiese moeder weggegee is en deels om Lilah te siene te kry.

Aanvanklik is Caz salig onbewus van die mense wat elke beweging wat sy maak, monitor. Geleidelik begin dit egter by haar insink: die twee Kongolese wat so gereeld oor haar pad kom, is dringend op soek na iets waarheen hulle glo sy hulle kan lei. En hulle stuit nie vir moord nie.

Die legkaartstukke van Caz se herkoms begin stadig in mekaar pas. Die waarheid het egter vele fasette, veral gesien deur die oë van ʼn bejaarde vrou wat sukkel om hede en verlede uitmekaar te hou, en onthou en vergeet soos haar verkalkte are dit toelaat, of nie.

Intussen span die net wat die Kongolese oor Caz gooi, al stywer.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s