VAN WAAR DIE INSPIRASIE: EINDELOSE LIEFDE

Rika du Plessis gesels oor die inspirasie vir Eindelose liefde.

eindelose liefde_voorblad_high res7227294334_382401ae0c_b

Eindelose liefde het sy ontstaan te danke aan ’n klein apie. Ons was met vakansie op pad Kaapstad toe van Thabazimbi af. In die Karoo het ons afgedraai om by ’n oord in te boek vir die nag, want ons wou nie deur die nag ry nie. Die plek staan soos ’n oase in die woestyn in die droë Karoo-wêreld uit wanneer jy daar in ry.

Na ons net die nodige afgepak het, het ons besluit om by die braaiplek voor die woonstel vir ons kos te maak. Dit was nog nie donker nie, en ons het so in die skemerwordende lig op die houtbank onder die boom gewag dat die vuur moet uitbrand.

Ek het nog so rustig en ingedagte gesit, toe land ’n klein apie vanuit die boom op my skouer. Ek het so geskrik, orent gevlieg en hom probeer afkry, maar daai handjies het geklou in my hare. By die besef dat hy dalk nou groter as ek geskrik het, het ek weer stadig gaan sit. Sy handjies het aan my oorlelletjies, wange en nek onder die hare gevroetel asof hy my so wil leer ken.

Die eienaar kom toe later daar aan, en vertel ons hy is baie mak, en saans daardie tyd kom hy hom haal om in te neem huis toe. Hy vertel ons toe hoe die apie daar beland het.

Na hy weg is, het ek besluit, eendag gaan een van my stories op hierdie plekkie afspeel, en die klein apie gaan ’n rol daarin hê. Op daardie stadium nog glad nie gedink dit gaan in ’n Romanza geskied nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s