FACEBOOK-VRIENDIN: Moryn Hanzen

Ontmoet Moryn Hanzen, ʼn vier-en-veertig-jarige professionele dromer wie se lewe baie na aan volmaak is as sy ʼn rooidsandduin, ʼn Kalaharisonsondergang en ʼn notaboek en pen het. Sy is ons Facebook-vriendin vir Oktober.

mORYN

2015-02-08 11.17.41

  1. Koffie of tee?

Koffie én tee!

  1. Wyn of sap?

Pomelosap

  1. Woon in:

Op Karos, ʼn klein nedersetting 40 km buite Upington.

  1. Stokperdjies:

Lees, skryf, skets, diere en die natuur asook kuier saam met sielsgenote.

  1. Troeteldiere:

Twee drake genaamd Fanta en Cola (ʼn groot, rooibruin hond en sy kwaai swart boetie). Ook Quinn, my miniatuur Dobberman wat net Afrikaans verstaan en my kom “roep” as my selfoon lui. Ook ʼn paar lagduifies wat ʼn vriendin vir my persent gegee het en vreedsaam onder die venster koer terwyl ek werk asook een Indiese bosduif wat ek van my oom geëef het.

  1. Jy is ’n vryskutskrywer by Dei Gratia Uitgewers. Wat geniet jy die meeste van jou werk?

Om jeugevangelisasie te skryf met die hoop dat dit êrens ʼn kind se lewe kan aanraak. Ek skryf ook kortverhale wat al in Vrouekeur, Kuier en WegSleep gepubliseer is. Daar verskyn weer een teen die einde van Oktober in die Vrouekeur.

12189065_1156818347679875_1443090262484781311_n

Moryn se verhale

10418345_1035554643139580_3388041604476228704_n

Moryn se verhale

1926891_811607255534321_724318683_n

Moryn se verhale

  1. Wat geniet jy die meeste van lees?

Dat dit ʼn portaal na ʼn ander dimensie is! Alle slegte nuus, pyne en pligte val sommer weg as ek op reis is deur ʼn boek.

  1. As jy enige plek in die land kon bly, waar sou dit wees?

Ek sal my wortels maar baie swaar uit die grond van die groen Kalahari trek, maar Knysna en Mosselbaai hou ʼn baie besonderse bekoring vir my in.

  1. Wat doen jy graag naweke?

Om tyd saam met my man en twee tienerseuns, Udo en Ohan deur te bring, is bo-aan die lys. Verder lees ek, skryf en is ʼn kuier saam met hartsvriende altyd ʼn heerlike bonus.

Foto1649(1)

  1. Behalwe romanse lees ek ook graag …

Ek wissel dit af met rillers, geskiedkundige verhale, historiese romans, humoristiese boeke, jeugliteratuur en biografieë. Soms lees ek dae lank net poësie.

  1. Wat is die drie items waar sonder jy nie kan leef nie?

My Bybel, ʼn notaboek en ʼn pen.

  1. Wie is jou drie gunstelingskrywers is?

Net drie?! PG du Plessis, Francois Bloemhof en Marie-Louise Steyn. Maar ek wil byvoeg dat dit ʼn baie onregverdige vraag is! Wat van al die ander?

  1. As jy drie mense na ete sou nooi (lewend of dood), wie sal dit wees?

My pa, ma en William Shakespeare. (Natuurlik al drie oorlede.)

  1. Watter boeke kan jy herhaaldelike lees?

Poësie en verhale wat aan my siel vashaak.

  1. Watter heldin het jy onvergeetlik gevind? Wat het haar uitsonderlik gemaak?

Fiela van Fiela se kind. As die lewe maar meer van haar kaliber mense gehad het, sou die wêreld ʼn baie beter plek gewees het.

292198

  1. Sal jy ooit ’n boek vir volwassenes wou skryf?

Ja, graag. Ek is op die oomblik met een besig.

  1. Wat sal die boek se naam wees?

Dit sal seker iets wees soos Kalahariprins omdat my romantiese kant graag die held teen my gunstelingagtergrond wil sien.

  1. Wat sou jou heldin se naam wees? Hoekom?

Ek is mal oor mooi name en sukkel gewoonlik om te kies. Ek sal mooi moet dink, maar haar naam sal sag op die oor wees! Nina, Isabel, Erin, Anja of so-iets.

  1. ’n Held is aantreklik as hy watter eienskappe het?

Eerstens iemand wat dadelik respek verdien, ook ʼn lang, donkerkop man met oë soos gesmelte sjokolade.

  1. As jy vir ’n dag as ‘n ander bekende skrywer kan leef, watter skrywer sal dit wees? En hoekom?

PG – hy is ʼn woordetowenaar en ek sou dolgraag ʼn bietjie van sy denkpatroon wou sien!

  1. In my volgende lewe wil ek ’n … wees.

… heel mens wat by die voete van Jesus sit …

  1. Aanhaling waarvolgens ek leef, is:

“Jesus is the same yesterday, today and forever” en “I went up a hill and came down a mountain”.

4 thoughts on “FACEBOOK-VRIENDIN: Moryn Hanzen

  1. Moryn Hanzen says:

    Dankie, liewe Trudie. Dit was heerlik om saam met my Kokkedoorvriendin op haar boshuis se stoep in die skone Wildernis te kuier.

  2. Trudie Niehaus says:

    ‘n Mens-mens. Dit was ‘n voorreg om saam met en haar en haar gesin koffie te drink op ons boshuis se stoep in Wildernis. Die sielsmens is rustg, vredig en wys en het ‘n wonderlike manier van omgaan met woorde. Trudie Niehaus.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s