VAN WAAR DIE INSPIRASIE: Byvoordele gewaarborg – Elsa Winckler

Elsa Winckler vertel van die inspirasie agter Byvoordele gewaarborg.

byvoordele gewaarborg_voorblad_high res

Ons bly in Bettysbaai. Hier is jy altyd bewus van die natuur.  Van die dinge wat ons bekoor, is die bruin bokkies wat party aande gesig wys, die ystervark wat kom kuier, die fisante wat op die stoep kom skuil teen die wind. En as jy baie gelukkig is, vind jy soms ’n skilpad op jou werf.

ghnw20130131-113325-498

Een oggend op pad Kleinmond toe, sien ek ’n skilpad aansukkel oor die teerpad en ek sien ’n aankomende motor wat baie vinniger aangejaag kom as wat hy veronderstel is om te ry. Net daar hou ek stil, en klim uit om die arme ding oor die pad te help. Dit was die mooiste dag, die see persblou, die berg hoog en mosgroen en net daar, in die middel van die pad, begin ek wonder – sê nou net …🙂

One thought on “VAN WAAR DIE INSPIRASIE: Byvoordele gewaarborg – Elsa Winckler

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s