Elsa Winckler gesels

Ons gesels met Elsa Winckler en leer ken die vrou agter die pen ‘n bietjie beter.

elsa-rooi-rose-fotos-021

Koffie of tee?

Tee

Wyn of sap? 

Wyn

Drie items waar sonder jy nie kan leef nie. 

My selfoon, my skootrekenaar en my iPad🙂

Wie is jou drie gunstelingskrywers? 

George Eliot, Elizabeth Gaskell, Jane Austen – die klassieke🙂

wives-and-daughterseliot-middlemarch1PridePrejudice423x630

As jy drie mense na ete sou nooi (lewend of dood), wie sal dit wees. 

Gewoonlik ons kinders, maar as dit vreemdelinge moet wees – Deon Meyer, Karen Zoid, Nataniël – ek dink dit kan baie interessant raak🙂

Wat was die beste raad wat jy oor geskryf ontvang het en van wie?

Iets wat ek iewers gelees het – as jy jouself ’n skrywer wil noem, moet jy skryf!

Watter boeke kan jy herhaaldelike lees?

Enigiets met ’n happy ending!

5

Werk jy tans aan ’n boek? 

Ja, altyd.

Waar is die vreemdste plek waar jy al ooit geskryf het?

Lughawe

Sal jy dit ooit oorweeg om ’n roman te skryf?

’n Liefdesroman, ja en dis beslis iets waaraan ek gereeld dink. Ek dink die formaat van ’n liefdesroman gee aan jou as skrywer ’n groter geleentheid om jou karakters te ontwikkel.

Is dit moeiliker om in Afrikaans of Engels te skryf? 

Die taal is nie vir my die probleem nie, wanneer die storie werk, maak dit nie saak in watter taal jy skryf nie.

As jy vir ’n dag as ‘n ander bekende skrywer kan leef, watter skrywer sal dit wees? En hoekom? 

Enige skrywer wat jaarliks Toskane toe gaan en in ’n kasteel kan sit en skryf (ja, daar is sulke gelukkiges)

As jy nie ’n skrywer was nie, sou jy … wees?

’n Baie gefrustreerde vrou

In jou volgende lewe sal jy graag ’n … wil wees?

’n Maltese poedel

Wie of wat was die inspirasie vir Lichen, die heldin in BYVOORDELE GEWAARBORG?

byvoordele gewaarborg_voorblad_high res

Die inspirasie was nie ’n mens nie, maar ’n gebeurtenis. Op pad Kleinmond toe een oggend, sien ek ’n skilpad oor die pad sukkel en ’n aankomende motor in my truspieëltjie. Ek hou stil, spring uit en red vir skilpad en toe wonder ek, sê nou net … Ek moes toe vir die heldin ’n beroep gee wat sy op Hermanus kan beoefen en wat haar in aanraking sou bring met ’n landskapsargitek🙂

Enige wyse woorde of skrywersgeheime vir voornemende skrywers?

BOS – Boude op stoel! Jy kan honderde boeke lees en skryfskole bywoon, maar uiteindelik moet jy gaan sit en skryf.

Wat was die hoogtepunt in jou skrywersloopbaan so ver?

Ek is vreeslik dankbaar oor die twee Veertjies wat ek ontvang het, maar elke laaste woord wat ek van ’n storie skryf, is vir my ’n hoogtepunt.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s