Boeke! Boeke! Boeke!

Dit is Oktober en die jongste boeke is hier – sit agteroor en geniet dit!

Byvoordele gewaarborg – Elsa Winckler     

 byvoordele gewaarborg_voorblad_high res

Regard van Niekerk het lankal besluit om nie ernstig oor vroumense te raak nie. Tot hy op ’n doodgewone Maandag amper een raakry wat met ’n skilpad in haar hande in die middel van die pad staan!

Man na haar hart – Magdaleen Walters

man na haar hart_voorblad_high res

Colette Buitendach het ter elfder ure besluit om nie met die motorfietsryer Francois Louw matriekafskeid toe te gaan nie. Jare later red hy haar lewe … maar is hy slegs haar redder of kan hy ook haar prins wees?

Onwaarskynlike ridder – Trudy Reinhardt       

onwaarskynlike ridder_voorblad_high res

Ilse Nell is raadop met die finansiële probleme van die vliegbesigheid wat sy geërf het. Durf sy egter die aantreklike Ruark Metford se reddingsvoorstelle aanvaar? En hoe moet sy koel en kalm bly as hy haar knieë lam maak?

Eindelose liefde – Rika du Plessis

eindelose liefde_voorblad_high res

Janine moet ’n antieke kissie vir haar pa gaan haal op ’n plaas waar hy voorheen gewerk het. Alles verloop vlot tot sy genoodsaak word om die kissie te steel en dan met die weerbarstige Cor te doen kry …

IMMER WES – Irma Joubert      

Immer wes (Voorblad)

Op die vooraand van WO1 ontmoet die ryk, beskermde 14-jarige Hildegard von Plötzke van Oos-Pruise ’n student genaamd Gustav uit Duits-Suidwes. Hoewel daar nie sprake van ’n verhouding is nie, omdat sy net ’n kind is, maak hy ’n onuitwisbare indruk op haar en haar hart is gebreek toe hy teruggaan na sy land van herkoms wanneer WO1 uitbreek. Ná die oorlog is daar van haar pa se rykdom weinig oor, maar sy trou met ’n ryk dokter en verhuis na Berlyn waar sy mettertyd weer ’n welvarende lewe lei.

Hulle het drie kinders: twee seuns en ’n dogtertjie, Ester. WO2 breek uit en haar man en twee seuns sterf aan die front. Hildegard en Ester skuil in hulle kelder, beleef die bomaanvalle, oorleef die koue, die hongersnood en die verskrikking van oorlog.

Hulle kry ’n uitkoms deur na Suidwes te emigreer. Hildegard kry werk as huishoudster en versorger by ’n moeilike ou Duitse baron in Windhoek en sy en haar kind woon in die bediendekwartiere.

Dis met ’n skok dat sy Gustav weer sien by een van die baron se talle onthale. Die swaarkry van die oorlog het egter sy tol geëis en daar is weinig oor van die eens beeldskone en ryk vrou. Hy herken haar nie dadelik nie. Sy doen moeite om te sorg dat dit so bly, want die vernedering sal vir haar te groot wees met haar rooigeskropte hande, haar dowwe hare en haar brandmaer lyf.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s