Madelein Rust: Kankerleier

Madelein Rust, die outeur van MONSTERSAAD, het besluit sy sal kanker onder kry. Sy leef elke dag voluit en het toestemming gegee dat haar storie ander tot aansporing kan wees. LAPA salueer jou, Madelein! (MONSTERSAAD is opgedra aan kankerlyers, ons dink Madelein is ook ’n kankerleier.)

11041033_874551512598955_134908032489556032_n

7 September
Toe my kopvel gisteraand begin jeuk het ek geweet die skrif is aan die muur vir my hare. Vanoggend na my stort het handevol begin uitval. Drie dae later as wat dit moes. Môreaand is my pruikpartytjie. My kop gaan geskeer word en ek gaan hope pret hê met kostuumpruike. Jaun dring aan daarop dat ek sy kop ook moet skeer. Sal môreaand  vir hom een van my nuwe pienk slaapmussies leen sodat sy kop nie te koud word nie.

Op 8 September hou sy ’n pruikpartytjie en skryf vanoggend, op 9 September: Tien van die voordele van kaalkop wees:
1. Geen bad hair day vir die volgende ongeveer 12 maande.
2. Reuse besparing op haarprodukte
3. Groter besparing op haarkapperonkoste.
4. Vreeslik koel in die somer.
5. Kan klein kindertjies daarmee bang maak.

10985953_874551642598942_6994091653347166182_n

  1. Hare was neem ongeveer drie sekondes.
  2. Tyd om mooi te maak gesny met omtrent 40 minute.
  3. Sintetiese pruike hoef net elke 6 weke gewas te word.
  4. Sintetiese pruike benodig geen stilering
  5. Nuttige conversation starter tydens sosiale byeenkomste wat maar strammerig is. Verwyder pruik en waai jouself koud daarmee.

2 thoughts on “Madelein Rust: Kankerleier

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s