FACEBOOK-vriendin: Zanalee Oosthuizen

Zanalee Oosthuizen is ‘n baie georganiseerde, netjiese persoon wat weet wat sy uit die lewe wil hê.  Sy is standvastig, gelowig en het ‘n borrelende geaardheid.

Zanalee

Beroep:

Ek is tans besig met my Diploma in Toerismebestuur en Gasvryheid aan die Universiteit van Suid-Afrika (UNISA).  Ek kan dus studeer en werk.  Ek werk by die Top House-gastehuis. Ek geniet dit baie om met mense te werk, en veral gaste van die buiteland interesseer my en  dit is vir my baie lekker om te hoor van hul land en hul tradisies en gewoontes.

11873375_913289738737272_8830556927879657012_n

Stokperdjies:

Ek is baie lief om foto’s te neem.  Ek woon op ‘n plaas en daar is altyd iets om af te neem.  Daar is vir my niks lekkerder as om in die kombuis te wees nie. Ek toets nuwe resepte waaraan my hele gesin dan heerlik smul.

Troeteldiere:

1800486_754512117948369_4195159158789441308_n

Ek het ‘n baie spesiale troeteldier. My hond se naam is Lilly.  Ek is ook baie lief vir katte en verwelkom elke nuwe aankomeling op die werf.

Wat geniet jy die meeste van lees?

Ek geniet die feit dat jy jouself van die alledaagse lewe kan afsluit.  Dis ook lekker vir my om myself in die storie in te leef. (Om verlief te wees was mos nog nooit verkeerd nie?)

As jy enige plek in die land kon bly, waar sal dit wees?

Ek dink nie ek sal iewers anders as op die platteland wil bly nie.  Ek woon tans in een van die mooiste dele van Suid-Afrika.  Ladybrand is ‘n dorpie met sy eie karakter en is omring deur die mooiste sandsteenberge. Dit is wonderlik om te weet dat almal mekaar ken en dat jy die mense kan groet by wie jy verby ry sonder om ‘n skewe kyk te kry.

Wat doen jy graag naweke?

Naweke spandeer ek my tyd op ons plaas saam met my ouers en my ouer suster. Ons is ‘n baie gehegte gesin en spandeer elke moontlike tydjie saam.

Behalwe romanse lees ek ook graag…

Ek lees net romanse, daar is mos niks lekker as om te weet daar ‘n gelukkige einde gaan wees nie!

Wat is die drie items waarsonder jy nie kan klaarkom nie?

11046749_836792409720339_6724039656225580157_n

Definitief my radio, ek kan nie ‘n dag deurgaan sonder my musiek nie, my selfoon en my laptop geniet ook hoë prioriteit.

Wie is jou drie gunstelingskrywers?

Selma van Wyk, Cecilia Nortjé en Adele Reynders

As jy drie mense na ete sou nooi (lewend of dood), wie sal dit wees?

My ouma wat ek nooit geken het nie, Nataniël, en my droomman (al wag ek nog vir hom)

Watter boeke kan jy herhaaldelik lees?

Ek het nie ‘n spesifieke boek wat ek oor en oor sal lees nie.  Ek vat sommer enige boek op my boekrak wat ek klaar gelees het, en begin dit dan weer lees.

Watter heldin het jy onvergeetlik gevind? Wat het haar uitsonderlik gemaak?

Volmaan

Tessa in Volmaan van Adele Reynders, het ‘n groot indruk op my gemaak. Tessa het al die kwaliteite wat ‘n heldin moet hê.  Eerstens sal sy haar nie laat onderkry deur al die seer wat al na haar kant toe gekom het nie.  Sy is standvastig, gelowig en vergewensgesind.

Sou jy ooit ‘n boek wou skryf.

Ek het al ‘n kortverhaal geskryf, maar ek skryf dit sommer vir myself wanneer ek nie ‘n boek het om te lees nie.

Indien wel, wat sal die boek se naam wees?

Liefde verloor, liefde gevind

Wat sou die heldin se naam wees, hoekom?

Salome, dit was een van my hoërskoolonderwyseresse wat ‘n groot indruk op my lewe gemaak het.

’n Held is aantreklik as hy watter eienskappe het?

Hy moet beslis ‘n boer wees. Van al die romanse wat ek al gelees het, geniet ek die boeke die meeste waarin ‘n boer die held is. Hy moet ook eerlik en betroubaar wees, en as hy netjies is, is dit ‘n pluspunt!

Waarsonder kan jy nie leef nie?

Sonder die genade van ons Hemelse Vader kan ek nie leef nie, en definitief ook nie sonder die mense wat ek liefhet het nie.

In my volgende lewe wil ek ‘n… wees?

Ek moes lank dink oor hierdie vraag, en uiteindelik besef ek dat ek ‘n swaeltjie sal wil wees. ‘n Swaeltjie bou sy huis stewig en altyd op ‘n veilige plek. Die swaeltjie is nie bang om die wêreld en sy gevare te trotseer ter wille van oorlewing nie. Hy het geweldige uithouvermoë en sien die wêreld, maar keer altyd terug na sy tuiste.

Aanhaling waarvolgens ek leef is…

Daar is altyd ‘n rede vir ‘n glimlag!

smile-clipart-9izE6adiE

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s