Die jongste boeke is hier!

LAPA se Romanzas en romans vir September is hier. Lekker lees!

Vriende met voordele – Cecilia Nortjé       

 vriende met voordele high res

Vasti Pienaar se dogter, Liela, raak verlief op Magnus, die skool se nuwe hartebreker. Vasti keur die verhouding nie goed nie, veral nie toe sy Magnus se aantreklike pa, die befaamde argitek Tertius Roodt, ontmoet nie.

Dierbare diktator – Serena Steyn       

dierbare diktator high res

Keara aanvaar die pos as Dioge se kammaverloofde. Maar spoedig is die verlowing nie meer so platonies as wat hulle voorsien het nie … en toe daag Dioge se jeugliefde, Michelle, op.

Maskers – Cynthia Robertson      

maskers high res

Julia Schneider se dogter, Maddie, skryf haar ma in op ’n internet dating site. Só ontmoet sy vir Daniël en raak verlief op hom. Maar dan vind sy uit dat Daniël vir haar gejok het.

Bruid in die Amasone – Roudéne le Roux       

bruid in die amasone high res

Kaptein Meyer du Pisanie, eienaar van die lugvaartmaatskappy SAL, wil die maatskappy se nuwe lugvaartingenieur Nick Buitendach ontmoet. Maar dan blyk Nick ’n vrou te wees en die vonke spat behoorlik …  op meer as een terrein!

Lem – Peet Venter     

LEM

Lem Bosman, is ’n hoogsopgeleide professionele soldaat. Sy forte is infiltrasie en stil eliminasie. Vir laasgenoemde is ’n mes die beste.

Hy is hardegat, bots met gesag en word uit die weermag ontslaan. Dan word hy ’n huursoldaat, raak betrokke by ’n staatsgreep wat skeefloop en beland in die tronk, maar hy het sensitiewe inligting weggesteek en dit kan baie ongemaklik wees vir die manne wat hom uitgelewer het.

Ná 12 jaar word hy op parool vrygelaat. Hy het sy straf uitgedien, ander het nie. Hulle moet gestraf word. Een vir een soek hy hulle; maar hulle soek hom ook.

Aspoesterskoene – Kristel Loots       

Aspoesterskoene

Sarah is vreeslik voorstedelik – al het sy ’n lyf wat skrik vir niks. Sy het nie werklik iets om oor te kla nie. Behalwe dat haar man in sy middeljaarkrisis is, hulle sekslewe beperk is tot high days en holidays, haar seun se tweede naam Moeilikheid is en dat dit soms vir haar voel asof net Hond haar verstaan.

Maar daar wás ’n tyd toe sy op hoëhakskoene tussen die slaggate op haar lewenspad rondgetrippel het. En almal haar mooi bene bewonder het. Toe kom die uitnodiging na die reünie op Doringbaai en haar lewe neem ’n wending wat sy nie in haar wildste drome verwag het nie. Vreemde dinge gebeur wanneer ’n vrou in ’n hoek vasgekeer word en skielik besef: mens leef net een keer …

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s