Theresa van Baalen in ’n neutedop

Theresa van Baalen

Beroep: Skrywer. Dis al wat ek nog altyd wou doen. Kinderverhale is my passie, maar ek skryf ook vir Romanza onder ’n skuilnaam en geniet dit net so veel.

 Woon in: Port Nolloth

Sanri Steyn 3 Die seun met superkat-kragte

Sanri Steyn: Die seun met die superkat-kragte het onlangs verskyn by LAPA verskyn.

Sanri Steyn 4 Die spookmeisie van Raaiselfontein

Sanri Steyn: Die spookmeisie van Raaiselfontein het onlangs verskyn by LAPA verskyn.

Stokperdjies: Ek het altyd baie stokperdjies gehad; ek was ’n groot “arts and crafter”, maar dit was voor ek my voltyds aan my skrywery gewy het. Ek skryf elke oomblik as ek kans kry, so om te skryf is seker ook my stokperdjie sowel as my beroep. So nou en dan, vir ontspanning, sal ek ’n boek lees, ’n rekenaarspeletjie speel, Sudoku doen of saam met my man en kinders ’n animasierolprent kyk. Ek het definitief al baie meer animasierolprente as rolprente met gewone akteurs gekyk.

 Troeteldiere: Ons het ’n ou, bont kat met die naam Patch. Sy is op Halloween gebore en sal die jaar veertien wees. My seuns het ’n budjie (daar was eers twee), by name Twiet. Laastens is daar my bloukoppapegaai, Poppie. Ek het haar met naam, hok én ’n reuse sak sonneblomsaad present gekry toe sy seker ’n jaar oud was. Poppie word vanjaar vyftien.

 Gunsteling-animasiekarakter: Dis ’n moeilike vraag. Jy kan maar net so wel vra watter een van my kinders is my gunsteling! Maar kom ek probeer. Een van my gunsteling animasiekarakters is Sid the Sloth, uit die Ice Age-flieks. ’n Mens moet sy dikvelligheid en goeie geluk bewonder. Ek is ook mal oor die Madagascar-flieks se vier pikkewyne, Skipper, Rico, Kowalski en Private.

Gunstelingkinderboek deur ’n ander skrywer: Hoe kan ’n mens net een gunsteling hê? Dr. Seuss se boeke het nog altyd tot my gespreek, maar as ek iets moet uitsonder wat in die afgelope twintig jaar gepubliseer is, is dit beslis Harry Potter. Ek het die reeks seker al vyf keer gelees.

Raad aan voornemende kinderboekskrywers: As jy dit nie geniet om kinderboeke te lees, rekenaarspeletjies te speel of animasierolprente te kyk nie, vra jouself die vraag of jy REGTIG kinderboeke wil skryf. Moenie dit probeer doen omdat jy dink dis vinnig en maklik nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s