Alta Cloete: Opdrag van oorkant

Alta Cloete se Opdrag van oorkant het in Augustus verskyn. Ons gesels so bietjie met haar …

Opdrag van oorkant

Wie is Alta Cloete as sy van haar skrywerstoel af opstaan?

ʼn Baie doodgewone vrou wie se drome in haar vyftigerjare skielik begin waar word het. Terwyl sy skouer aan die wiel sit, natuurlik.

Alta

Wat was die inspirasie vir Opdrag van oorkant ?

ʼn Internetberig oor iemand wat versoek het die vyf vroue met wie hy getroud was (nie almal tegelyk nie!) moet saam sy as iewers op ʼn spesiale plek strooi. Ek het onmiddellik gedink oor al die emosies wat in so ʼn groep sou heers. En ek het hulle dadelik in wit klere gesien.

Wat was die beste raad wat jy oor skryf ontvang het en van wie?

Die beste raad kom uit my eie gut feeling: Gaan sit jou op bas en SKRYF. Probeer om nie aanhoudend jou eie werk te beoordeel (of veroordeel!) nie. Daarvoor is daar later oorgenoeg kans, wanneer die essensie van die storie eers op papier is. Baie eenvoudig, maar verstommend moeilik.

Watter boeke kan jy herhaaldelike lees?

Dit lyk my 2015 is vir my ʼn jaar van herlees. Die swye van Mario Salviati van Etienne van Heerden was ʼn onlangse groot juweel, so ook Marita van der Vyver se Stiltetyd. Maar die boek wat ek elke paar jaar herlees, is Eleanor Baker se Weerkaatsings. ʼn Moderne sprokie wat my telkens weer bekoor.

Werk jy tans aan ’n nuwe verhaal?

Opdrag van oorkant was vir my nie ʼn maklike pad nie en ek het bietjie uitasem anderkant uitgekom. ʼn Paar plesierige tydskrifstories het gehelp om die asem terug te bring. Nou is ek besig met ʼn (plesierige!) romanse en daarna sal ek hopelik weer die moed hê vir ʼn roman. Die hoofkarakter leef alreeds in my kop, sy moet nog net meer van haarself vir my openbaar.

LENTESKOOL 2015_Uitnodiging

Kom kuier lekker saam met Alta Cloete en Kristel Loots tydens die ATKV Lenteskool.

One thought on “Alta Cloete: Opdrag van oorkant

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s