VAN WAAR DIE INSPIRASIE: Vastrapplek in haar hart

Ons gesels met Dina Botha oor die muse agter Vastrapplek in haar hart.

Vastrapplek in haar hart high res

Met alle respek aan al my kinders se skoolhowe en die skoolhowe in my omgewing, maar ek het nog nie een ontmoet wat my asem weggeslaan of my hart vinniger laat klop het nie. Dalk dateer dit uit my kinderdae waar die skoolhoof altyd ’n ouerige man van gesag was wat net so heilig soos ’n predikant moes leef. Waar dit onmoontlik was om enige romantiese gedagtes rondom hom te koester.

Met Vastrapplek in haar hart was dit tyd om daardie persepsie te verander en my eie skoolhoof te skep. Jonk en aantreklik en alles behalwe ’n droë ou bokkom. My held, Brink Voster, het ’n passie vir kinders, is ’n kampvegter vir die minderbevoorregtes, het ’n sin vir humor, kan ’n biertjie saam met die manne geniet en is alles behalwe skaam om sy gevoelens vir die mooie juffrou Stefani Zietsman te wys. Brink word meer as net ’n respektabele skoolhoof, hy word ’n man van vlees en bloed met drome en begeertes – soos wat elke skoolhoof inherent maar is. Ek hoop die lesers geniet Stefani en Brink se storie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s