VAN WAAR DIE INSPIRASIE: Maria se keuse

Arien Lubbe vertel die storie (en plek) agter Maria se keuse!

maria se keuse_high res

Daar is regtig ʼn plek soos Onseepkans. Dis in die Noord-Kaap naby Pofadder en het ook ʼn grenspos na Namibia. My man het baie familie wat daar woon en eendag toe ons weer daar was, het ek gedink aan hoe ʼn groot aanpassing dit vir gewone stadsinwoners sal wees op Onseepkans. Kort na dit het ek eendag ʼn droom gehad van die stuk wat ek geskryf het van waar Maria en Andre in die modder val en dit was die begin van die boer en die verwende rykmansdogter. Die huis wat ek beskryf, bestaan ook regtig. Pers badkamer en al – hoewel dit darem nie ʼn afgryslike plek is nie. Daar is darem vandag in die meeste huise elektrisiteit. Dis ook regtig waar dat dit so warm raak daar, dat daar nie meer koue water in die krane en pype is nie. Andre en Maria van der Merwe bestaan in die werklike lewe hoewel die storie glad nie op hulle gebaseer is nie. Met hulle toestemming, het ek hulle gelaatstrekke en name gebruik vir die storie. Hulle is albei lief vir Onseepkans en Andre is regtig so lief vir eet!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s