Liefdesverhale in die tronk

Die skrywer Carla van der Spuy het vir haar nuwe boek, Bloed op haar hande – vroue agter tralies wat hierdie verskyn, in die koppe van vroulike misdadigers geklim. En hoewel hierdie vroue in die woorde van Sarie Peens van die Departement van Korrektiewe Dienste “nie agter tralies sit omdat hulle Sondagskool gebunk het nie”, het Carla ontdek hulle het ’n sagte plekkie vir liefdesverhale.

Bloed_op_haar_hande_afr_finaal_print Blood_on_her_hands_eng_finaal_print

“Ek het vir hulle liefdesverhale deur Chanette Paul, Sophia Kapp en Romanzas geneem. Hulle was in ekstase daaroor,” vertel Carla.

11817073_857646307622809_2965761623672895202_n

Carla van der Spuy en haar uitgewer, Suzanne van Niekerk. Bloed op haar hande is vanaf 15 Augustus oral beskikbaar.

Carla het tydens die bekendstelling, Breakfast behind bars, vir haar boek Man of monster – die psige vir van ‘n misdadiger betrokke geraak by die Reading for redemption-projek wat op Losperfontein, Pollsmoor en die Obiqua-gevangenisse gehou is.

Mens of monster

Die Reading for Redemption-projek is ’n inisiatief van die voormalige minister van korrektiewe dienste meneer Sbusiso Ndebele, self ’n ywerige leser, as deel van die rehabilitasieprogram vir gevangenes.

“Ons moedig gevangenes aan om te lees en om te studeer. Sodoende word ’n omgewing geskep wat tot gevangenes se verbetering bydra,” sê hy.

Met Breakfast behind bars wat in 2012 plaasgevind het, kon lede van die publiek die geleentheid kry om gevangenisse te besoek, te luister hoe die gevangenes sing en ’n toer van die selle kry.  In ruil vir hierdie ervaring wat selfs pap uit blikborde ingesluit het is lede van die publiek gevra om ’n boek of twee as “toegang” vir die gevangenis se biblioteek saam te bring.

“Alle boeke is deur die DKD beoordeel voor dit by die gevangenis toegelaat is. Iemand het met Fifty Shades of Grey aangekom, maar dis onmiddellik verwyder,” vetrel Carla.

Tydens Breakfast behind bars kon Carla met verskillende gevangenes oor die departement van korrektiewe dienste se Reading for Redemption-veldtog gesels. “Gevangenes het meer tyd om te lees en die leesbevolking in die gevangenis is hoër as die algemene leesbevolking. Buite is dit ’n geval van: ‘So baie boeke so min tyd. Binne is dit weer ’n geval van: ‘So min boeke, so baie tyd’. Hulle hou van inspirasieboeke, liefdesverhale of boeke waarin die underdog oorwin,” vertel sy.

Oor die vroulike gevangenes se liefde vir romanse en liefdesromans, sê Carla: “Dit wys maar net dat vroue, geharde misdadigers of nie, steeds wil glo in die liefde.”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s