Jongste boeke is hier!

Boeke-Krismis is weer hier: LAPA se jongste Romanzas en romans! Loer hier na die lekker wat op jou wag!

Vastrapplek in haar hart – Dina Botha

Vastrapplek in haar hart high res

Stefani Zietsman daag tien minute laat op vir die nuwe skoolhoof se verwelkomingsfunksie. Van daardie dag af stamp hulle oral koppe, maar tog kry sy hom net nie uit haar gedagtes verban nie.

Maria se keuse – Arien Lubbe

maria se keuse_high res

Maria se perfekte lewe as rykmansdogter word omgedop toe haar pa haar noodgedwonge na Onseepkans wegstuur. Nou moet sy ʼn huis deel met ʼn wildvreemde man wat dink sy is niks meer as ʼn bedorwe brokkie nie.

Onbereikbaar ver – Anna Penzhorn

onbereikbaar ver_high res

Daleen Joubert beland op die dorpie van haar grootwordjare. Sy loop haar vas in haar eerste liefde en daar ontstaan weer ’n band tussen haar en Dawid Hofmeyr. Maar Dawid is aan die beeldskone Delia verloof.

Verby verlange – Frances Vermaak

verby verlange_high res

Marga raak halsoorkop verlief op die prokureur David Gerber. Hy raak haar steunpilaar … Maar dan vind sy uit dat hy oneerlik met haar was. Sal haar verliefde hart dié struikelblok oorleef?

ONVERWAGTE LEUENS –  Lien Roux-de Jager

Onverwagte leuens

Kalli Krynauw werk deesdae net deeltyds vir SIS, want sy is swanger. Haar bydrae groei egter by die week, want SIS kry die een ondersoek na die ander: Die FBI het hulle gevra om te help met smokkelhandel; dit gaan oor ’n vigilante wat dwelmhandelaars die een na die ander met klein selfoonbomme opblaas. Toe verdwyn SIS se hoof, Kolonel Mothlala se vader. Sy lyk word dae later in ’n park gevind, maar dit is duidelik dat die moord nie daar gepleeg is nie. Hulle kan geen motief vind nie: die ou man was geliefd en het geen vyande gehad nie.

’n Rukkie later word ’n tweede lyk by ’n verlate bouvallige huisie gekry. Die honde snuffel ook ’n ander bloedkol daar naby uit, maar dit is met bleikmiddel behandel en DNS sal nie bepaal kan word nie. Hulle skep in elk geval die boonste laag af en neem dieper grondmonsters.

Op die koop toe verdwyn Brink. Hy los net ’n SMS vir Joe dat Kalli glad nie na die huis moet teruggaan nie, alles is onder beheer en bly kalm.

Kalli se dae en nagte word ’n hel van kommer, al verseker almal, FBI en SIS, haar dat sy nie bekommerd hoef te wees nie. Sy en haar ma en Berna word weer na die SIS-veiligheidshuis geneem, met wagte wat hulle dag en nag oppas. Berna vra na ’n rukkie om die plek te verlaat sodat sy kan help met al die losstaande ondersoeke. Hulle smokkel haar uit. Kort daarna is daar twee keer petrolbomaanvalle op die waghuis en ’n brief word in die posbus gevind, geadresseer aan Kalli in die ‘un-safe house’. Nobody is safe. Bololo, kartelleier wat in ’n hoëveiligheidtronk sit, word verdink dat hy nog met sy bedrywighede aangaan en agter die aanvalle sit.

Die FBI laat intussen nog dieper grondmonsters in die VSA ondersoek en stel vas dat die bloedkol se DNS ooreenstem met ou meneer Mothlala s’n.

Kalli kry toestemming om die veiligheidshuis, wat nie meer veilig is nie, te verlaat – vermom as ’n joernalis. Haar ma word Kaap toe gestuur om by haar suster te kuier tot al die probleme opgelos is. Kalli het onderhoude met ooggetuies en mense wat iemand aan die dood afgestaan het en nuwe feite lei tot allerlei vermoedes. Hulle kom tot die gevolgtrekking dat die pa dalk vermoor is om die kolonel te straf. Kalli se huis, waar sy as vermomde joernalis woon, word deur ’n baie sterk petrolbom verwoes. Kalli kom op die brand af. Sy was veronderstel om in die huis te wees.

Uiteindelik verdwyn Berna ook, met drie dossiere …

OPDRAG VAN OORKANT – Alta Cloete

Opdrag van oorkant

Wanneer die bejaarde boer Theresa Beyers se eks-man, die geliefde Afrikaanse skrywer Coenraad Beyers sterf, bring die ongewone versoeke in sy testament haar te staan voor die vrou vir wie hy haar verruil het. Vir albei wag daar egter ʼn verrassing in die vorm van die jong en swanger Cheryl-Anne Fortuin, wat toe veel meer as Coenraad se persoonlike assistent was. Ook Anna Philander, wat oënskynlik bloot die Beyers-gesin se huishulp was, kom prominent na vore.

Met die strooi van sy as op sy geboorteplaas en die boektoer om sy outobiografie bekend te stel, word die vroue gedwing om hulle verhouding met Coenraad, hulle foute van die verlede en hulle drome vir die toekoms te konfronteer.

Die boekgesprekke word gelei deur Coenraad se uitgewer Anthonie Binedell, self bejaard en klaarblyklik ernstig siek. Aanvanklik dien hy bloot as katalisator, maar hy word spoedig dieper betrek by die vroue se komplekse verhoudings.

Ten spyte van hulle diepgaande verskille word Theresa, Anna, Lisa en Cheryl-Anne in ʼn ongemaklike eenheid saamgesnoer deur die wete dat hulle deelname aan die boektoer vir Cheryl-Anne in staat stel om ’n finansiële toekoms vir haar kind te verseker. Beide Theresa en Lisa word opnuut gedwing om hulle kinderloosheid in die gesig te staar en vind ook nou die rede daarvoor uit.

Die skrywer ondersoek die onregverdige mag wat ʼn geliefde uit die dood oor die agtergeblewenes kan hê en stel die vraag of almal in die Nuwe Suid-Afrika werklik al so gelyk is soos ons graag wil glo. Die tema van verganklikheid staan ook sentraal in die verhaal.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s