FACEBOOK-VRIENDIN: Juanita van den Berg

Juanita van den Berg is die wenner van ons BELEEF DIE… Facebook-kompetisie.  Sy is baie lief vir haar familie en is ‘n ywerige leser wat nie sonder boeke kan klaar kom nie. Ons leer ken haar beter🙂

Juanita van den Berg

neutedop

Wat geniet jy die meeste van lees?

Vir my is die lekkerste lees altyd die boeke wat  beskrywend is: ek wil voel ek is deel van die toneel. Ek wil die jasmyn ruik: Ek wil die koffie en kaaskoek wat die heldin eet kan proe. Ek wil die aanraking van die karakters voel. Dit is my gunstelingleeservaring. Ek wil voel ek is deel van die storie. Die skrywer moet my kan wegvoer op `n onvergeetlike avontuur.

ekke

Pragtige Juanita

Vertel ons van jou ander stokperdjies?

Ek hou vreeslik baie van foto’s, dit vang herinneringe so mooi vas, en dit is altyd vir my lekker en spesiaal om saam met my vriendinne ‘n dag van lekker scrapbooking te spandeer. As die foto’s van elk van die vriendinne uitgehaal word is dit ‘n lekker ervaring om hulle stories en herinneringe saam met hulle te herleef en beleef.

Behalwe romanse lees ek ook graag …

Spanningsverhale, misterie… Eintlik om doodeerlik te wees lees ek enigiets – vandat ek kon lees as klein dogtertjie lees ek wragies alles. My ma spot my nou nog en sê ek sal tot die agterkant van ‘n toiletrolletjie probeer lees.

Wat is die drie items waar sonder jy nie kan leef nie?

Moet dit net drie wees?

Tel boeke as een begrip? Dan definitief – boeke, parfuum, maskara.

Wie is jou drie gunstelingskrywers is?

Isa Konrad, Marita van der Vyver en Deon Meyer

As jy drie mense na ete sou nooi (lewend of dood), wie sal dit wees?

Jesus, Moeder Theresa en my familie.  My pa het nou die dag vir my iets so mooi gesê: Hy sê iemand moet hom nie vra wat sy gunstelinggereg is nie, hulle moet hom eerder vra wie sy gunstelingmense is waarmee hy saam wil eet, want saam sy gunstelingmense is enigiets sy gunstelinggereg. Ek dink saam sal hierdie gaste ‘n wenkombinasie wees.

my gesin

Gesinsfoto van met my man André en ons seun, Johandré

Watter boeke kan jy herhaaldelike lees?

‘n Spanningsverhaal met ‘n interessante storielyn, of ‘n lekker riller, wat jou heeltyd oor jou skouer laat kyk. ‘n Ware verhaal, maar dit moet ‘n gelukkige einde hê. Ek is dol oor gelukkige eindes.

Watter heldin het  jy onvergeetlik gevind? Wat het haar uitsonderlik gemaak?

Dit is baie moeilik om iemand uit te sonder, my grootste heldinne is die heldinne in die Bybelse tyd – hulle was darem besonderse sterk vroue wat gestuit het vir g’n duiwel nie.

Sal jy ooit ‘n boek wou skryf?

Definitief.

Wat sal die boek se naam wees?

Ek is tans besig om aan ‘n boek te werk. Dit is ‘n moontlike Romanza-vervolgverhaal.  Die titel is nog baie onseker, miskien iets soos Kodenaam: Liefde onverdiend.

Wat sou jou heldin se naam wees? Hoekom?  

Denise, my middelsus se naam. Sy is so sterk en altyd daar vir almal wat haar hulp nodig het –  ‘n ware rots. Sy is definitief een van my heldinne so in my eerste boek is sy die heldin.

’n Held is aantreklik as hy watter eienskappe het?

Hy moet sterk kan wees emosioneel – ‘n leier. Net soos my man, André. Altyd seker van homself met ‘n onbeheerbare drang om sy heldin te koester en beskerm.  Hy moet ook ‘n baie goeie sin vir humor hê.

ek en manlief

Manlief André

Waar sonder kan jy nie leef nie? 

Ek kan my nie eers indink om te lewe sonder die nabyheid en koestering van my gesin, familie en vriende nie. Ek is so bevoorreg om direk langs my  sus Carla en Moeder te bly. Twee huise verder woon my ander sus, Denise.

sussies

Juanita met haar sussies: Carla Botha en Denise van Zyl

 Aanhaling waarvolgens ek leef, is:

quote

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s