Ons gesels met Madelie Human

MadelieRomanza Voorblad-Altyd die strooimeisie

Drie items waarsonder jy nie kan leef nie.

  1. My dierbare man en my kinders.
  2. ’n Lekker stukkie brood, kaas en wyn saam met goeie vriende.
  3. ’n Sak vol mooi wol en my blik hekelpenne!

Wie is jou drie gunstelingskrywers?

  1. Nora Roberts
  2. Francine Rivers
  3. Jojo Moyes

As jy drie mense na ete sou nooi (lewend of dood), wie sal dit wees.

  1. Madiba
  2. Anna Neethling-Pohl
  3. Mareli van Koekedoor

Wat was die beste raad wat jy oor geskryf gekry het en van wie?

Algemene skryfwenke oor die jare, veral toe ek begin skryf het, van Chanette Paul.

Watter boeke kan jy herhaaldelike lees?

  1. Die Bybel
  2. My gunsteling liefdesverhaal: Redeeming Love, deur Francine Rivers.
  3. ’n Hele paar van Nora Roberts se bestes.

Vertel ons 5 dinge wat nie in jou bio is nie.

Julle wil dit nie weet nie!!  H’m, 5? Nee man, dis te veel!

  • Ek is ’n gekwalifiseerde onderwyser, bloemiste, naaldwerkinstrukteur sowel as huweliksvoorligter
  • Ek is verslaaf aan hekel
  • Ek eet elke oggend roosterbrood met marmelade vir ontbyt
  • Pers is my absolute gunstelingkleur en ek gee nie om wat dit mag beteken nie!

Werk jy tans aan nog ’n boek?

Ek beplan en het begin werk aan ’n nuwe reeks, maar kan nie nou al verklap waaroor dit gaan nie.

Waar is die vreemdste plek waar jy al ooit geskryf het?

Ek is boring, ek kan nie op enige ander plek as by my lessenaar werk nie.

Voel jy hartseer omdat die Le Fleur-reeks klaar is?

Jaaaa! Ek kon vir maande lank nie weer aan die gang kom met iets nuuts nie.

3 thoughts on “Ons gesels met Madelie Human

  1. kristelloots says:

    Aitsa, jy is nogal interessant genoeg, hoor. Veral om te hoor jy kan huwelike red. Ek hou van jou hekelwerk, lankal. Maar as ek vir ontbyt kom, wil ek spek en eier hê, dankie. Pragtige foto, jy het baie ‘o-sim’ (taalsuiwerheid!) hare.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s